Pierre Nel hou sy kop bo die water

Pierre Nel hou sy kop bo die water

Pierre Nel se nuutste enkelsnit is van vandag af landswyd beskikbaar. KOP BO WATER is ’n inspirerende liedjie oor aanhou en uithou. Dit is geskryf deur Pierre, Hugo Ludik en Vaughan Gardiner.

“My musiek word gekryf om ’n positiewe impak te hê op die een wat luister,” vertel Pierre. Díe nuwe vrystelling getuig daarvan.

KOP BO WATER is ’n akoestiese popliedjie wat geskryf is om moed te kweek en mense te inspireer, veral as hulle onderdruk of oorweldig voel.

Die liedjie sal veral byval vind by die alledaagse luisteraar wat ’n vars en ritmiese positiewe wysie wil hoor.

Pierre het sy eerste akkoorde op ’n kitaar gespeel toe hy 12 jaar oud was en toe reeds begin om sy eie musiek te skryf. “Ek hoop dat hierdie liedjie deur die oppervlak breek en vir selfs net een mens aanmoedig op ’n moeilike dag,” sê Pierre oor die woorde.

“Die liedjie is juis vir die mense wat inspirasie nodig het om hoop te, uit te hou en aan te hou.”

Daar word ook ’n musiekvideo beplan vir die enkelsnit wat die metaforiese ontsnapping van die sorge van die wêreld gaan uitbeeld. Pierre verklap dat die video geskiet was in water en op land. Dit beloof om ’n ontploffing van beeldspraak en inspirasie te wees.

Dié optimistiese liedjieskrywer en sanger is ewe bekwaam in sy beroep as mediese dokter. Hy droom verder daarvan om te spesialiseer as narkotiseer.

Hy glo sy gawes en kreatiwiteit kom van die Here af en werk hard om sy talente te bly ontwikkel. Pierre het bewys dat dagdrome nie net die inspirasie is vir van sy liedjies nie; hy weet ook hoe om drome ’n realiteit te maak.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram, Twitter

Eposadres: [email protected]

Leave a Reply