fbpx
A Rainy Day in New York in plaaslike teaters vandag.

A Rainy Day in New York in plaaslike teaters vandag.

Die spitsvondige en bekoorlike bittersoet komedie, A RAINY DAY IN NEW YORK, met puik toneelspel deur van die grootste sterre van die huidige generasie soos onder andere Timothée Chalamet, Elle Fanning, Selena Gomez en Jude Law open eerskomende Vrydag, 25 Oktober 2019 in uitgesoekte plaaslike teaters.

Dit is ‘n romantiese komedie uit die pen van regisseur Woody Allen en word plaaslik versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk.

’n Jong paartjie se planne vir ’n romantiese naweek in New York word in die wiele gery wanneer sonskyn in donderstorms verander en dinge nie volgens plan verloop nie. ’n Reeks toevallige ontmoetings en skreeusnaakse tonele nooi kykers om saam te gaan op hierdie romantiese avontuur.

Chalamet is puik in die rol van die tipiese anti-held – ’n neurotiese, maer, kritiese en sjarmante New Yorker – wat soos ’n tipiese rykmanskind in stille opstand kom teen sy welgestelde gesin.

Hy kom saam met sy meisie Ashleigh, ’n borrelende joernalistiek-student, stad toe omdat sy ’n onderhoud met die legendariese rolprentmaker, Roland Pollard (Liev Schreiber), moet voer.

Gatsby is ’n ou siel wat lief is vir die geskiedkundige besieningswaardighede in New York en hy beplan vir hulle ’n reis vol klassieke uitstappies vir hulle tydjie in New York.

Sy goedbeplande skedule word egter omver gegooi met die verloop van die lang reënerige dag en hulle sien mekaar byna nooit nie. Terwyl Ashleigh hard aan die werk is aan haar groot storie, beland Gatsby alleen in die strate van New York.

Terwyl Ashleigh ’n dag vol ongelooflike ontmoetings beleef, wat haar lei van Pollard na die draaiboekskrywer Ted Davidoff (Jude Law) tot by die filmster Francisco Vega (Diego Luna), spandeer Gatsby – as gevolg van ’n reeks gebeure – die dag saam met sy eks-vriendin se jonger sussie, wat met verfrissende selfvertroue en ’n aantreklike plat-op-die-aarde-persoonlikheid deur Gomez uitgebeeld word.

A RAINY DAY IN NEW YORK verbind karakters en situasies op so ’n slim manier, dat dit gou duidelik raak dat elkeen van die rolspelers kwessies het met hulle eie identiteit.

Elke karakter ervaar hulle eie krisisse, en selfs Gatsby se ma (Cherry Jones) is ’n totale ander mens as wat hy gedink het sy is. 

Lys van teaters:

STER KINEKOR:

Cedar Square

Rosebank Nouveau

Gateway

Brooklyn Nouveau

Tygervalley

V&A Nouveau

NU METRO:

Hyde Park

V&A Waterfront

INDEPENDENT:

Labia Orange St.

Whale Coast

SOSIALEMEDIA

Gebruik die hutsmerk #ARainyDayInNewYorkFilm_SA om oor die fliek te gesels.

INTERNASIONALE SKAKELS

Facebook, Twitter, Instagram

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui