fbpx
LIGHUIS – Lize-Marié stel enkelsnit vry.

LIGHUIS – Lize-Marié stel enkelsnit vry.

Lize-Marié is gebore in Middelburg Mpumalanga. Vandag woon sy in Brakpan en is besig om naam te maak in die Afrikaanse Gospelmusiekmark. 

Sy is ’n sanger en liedskrywer en is dankbaar om haar eerste enkelsnit LIGHUIS aan die wêreld bekend te stel. Sy het die lied saam met haar stemafrigter Jolanda Becker geskryf.

LIGHUIS sing oor God wat ewig staande bly – ongeag van die storms wat jou lewe tref. Hy is die sekerheid in jou lewe. ’n LIGHUIS wat rigting gee wanneer jy doelloos ronddwaal in jou eie sondes.

Haar droom met die lied is dat dit mense sal aanmoedig om weer opnuut hul harte te draai na die ewige Vader, want soos sy sê: “Hy is Hoop!”.

Die lied is vervaardig deur Dolf Brits met medevervaardiger Rian Swanepoel van ProTrax. 

As jy van ligte gospelmusiek hou, wil jy vir seker luister na Lize-Marié. 

LIGHUIS is beskikbaar op alle digitale platforms.

SOSIALE MEDIA:

Facebook, Instagram

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui