Feesseisoen se vieringe word amptelik by @The Beach afgeskop

Feesseisoen se vieringe word amptelik by @The Beach afgeskop

Bigger better Beach party

Vanjaar sal die feesseisoen op ’n hoë noot by een van Pretoria se gewildste kuierplekke, @The Beach, afgeskop kan word. Op Woensdag, 16 Desember kan strandliefhebbers daar saam met Refentse, Bernice West en William Wolf kuier om die afgelope jaar se sorge vir eers opsy te stoot.

“Ons is baie opgewonde oor die feesseisoen wat voorlê en diegene wat nog nie by die nuwe @The Beach kom kuier het nie, moet beslis dié vakansie kom saam kuier,” het Nadine Rynners, hoof uitvoerende beampte van @The Beach gesê.

“Nie net is 16 Desember ’n vakansiedag en nie-amptelik die begin van die feesseisoen nie, dis ook die dag net nadat die matrieks van 2020 hul laaste vraestel afgelê het. Ons nooi hulle graag uit,” het sy bygevoeg.

Volgens Rynners is dít juis die rede hoekom hulle wou verseker dat dit ‘n lekker kuierdag is. @The Beach is onder normale omstandighede slegs oor naweeke oop, maar hierdie is ‘n uitsondering en slegs persone bo 18 sal hierdie strandpartytjie kan bywoon.

“Ná ’n jaar wat soveel uitdagings, en vir sommige hartseer, ingehou het, hoop ons dat @The Beach sommer almal se plek van rus en goeie herinneringe sal wees,” het sy bygevoeg.

Die program is met noukeurigheid saamgestel om te verseker daar is iets vir elkeen.

Refentse kry gehore op hul voete met sy treffers Anoret, Vuil Vanderbijl en Daai Deng terwyl sy rustiger ballades soos Reisiger die siel streel.

Vir die blonde krulkop, Bernice West, het die pad na die Afrikaanse musiekbedryf oopgegaan toe sy as naaswenner van die talentkompetisie, Maak My Famous, in 2019 aangewys is. Haar treffers sluit in Kom Binne, Net Geleen en Sonop Blom. Sonop Blom se musiekvideo is agt maande na vrystelling reeds meer as drie miljoen kere op YouTube gekyk.

Die SAMA-erkende William Wolf se unieke stem en outentieke liedjies wat hy vertolk is nét in die kol om konsertgangers se gedagtes skoon te kry.

@The Beach het vroeër die jaar gebou aan ’n groter en beter venue – met iets vir almal om te geniet.

Kry jou kaartjies vir Woensdag, 16 Desember by iTickets, bespreek hier.

Geen persoon onder 18 sal op hierdie spesifieke dag toegelaat word nie en kaartjies beloop R150.

Deure open om 12:00 en sal weer sluit om 22:00.

SOSIALE MEDIA

@The Beach