fbpx
Kyle September stel musiekvideo vry vir, SWEETNESS!

Kyle September stel musiekvideo vry vir, SWEETNESS!

Kyle September Sweetness Cover

Kyle September stel musiekvideo vry vir, SWEETNESS!

Die lied is ‘n paar weke gelede vrygestel en is ‘n lekker saamsing-liedjie wat reeds op talle radiostasies gehoor kan word.

Die enkelsnit is alreeds besig om ‘n somerkreet te word en die video is ‘n bewys dat Kyle talentvol, vaardig en vermaaklik is.

‘n Paar weke gelede het Kyle September sy splinternuwe voelgoed en prettige enkelsnit vir die somer, SWEETNESS, vrygestel en hierdie lekker saamsing-liedjie kan reeds op verskeie radiostasies landswyd gehoor word.

Die tyd het aangebreek om die musiekvideo vir hierdie somertreffer bekend te stel en die video pas perfek  by hierdie enkelsnit, wat ‘n aanwins sal wees by enige kuier om die swembad of in jou voertuig oppad werk toe. In die woorde van die video se regisseur, Cole Matthews: “It’s a total slapper!”.

Die doel van die musiekvideo is om die gevoel van somerpret in die musiek uit te beeld en die geluk wat mens in ‘n sielsgenoot vind (of enige iets wat daai soetigheid in jou lewe kan bring), soos wat die lied se lirieke uitwys”, vertel Kyle.

Die musiekvideo vir Kyle September se lied SWEETNESS, is verfilm by Studio 9 in Randburg en vervaardig deur Cole Matthews en Claudia Somjen. 

Sweetness is ‘n somerliedjie. Ons het gevoel hierdie kort iets prettig, so ons wou die idee van somerpret uitbeeld. Soetlekkers of vrugte is gewoonlik vol van kleur, so ons het besluit om op kleur te fokus as ons basis.”, vertel Cole. 

Cole vertel ook dat ‘n baie kleiner span op stel gewerk het en take verrig het wat normaalweg deur veel meer werkers behartig sou word. Gavin Pincus, kinematograaf het geen assistente gehad nie, maar het eiehandig 48 skote uitgevoer in minder as 10 ure.

Die enkelsnit is alreeds besig om ‘n somerkreet te word en die video is ‘n bewys dat Kyle talentvol, vaardig en vermaaklik is.

Die span: 

Regisseur: Cole Matthews
Vervaardiger: Cole Matthews, Claudia Somjen
Kinematograaf: Gavin Pincus
Redigering: Neil de Almeida
Grimering: Andy Simoes
Dansers: Nina Erasmus, Mahashe, Alban Gamuti
Produksie Ontwerp, Stilering: Cole Matthews
Kos Stilering: Claudia Somjen, Cole Matthews, Brittney Mclean
Reuse Cupcake Bakster: ButterCupCakes – Brittney Mclean

Laai die enkelsnit hier af: https://smarturl.it/KyleSepSWEETNESS

SOSIALEMEDIA SKAKELS

Facebook, Instagram, YouTube