fbpx
MIS JOU vertel van verlange – Pierre Nel se nuutste enkelsnit

MIS JOU vertel van verlange – Pierre Nel se nuutste enkelsnit

Met sy nuwe enkelsnit, MIS JOU, bring Pierre Nel die intense emosie van verlange na vore en herinner hy die luisteraar daaraan dat dit menslik is om soms hartseer of eensaam te voel. Dié enkelsnit is op Valentynsdag vanjaar, saam met die musiekvideo, vrygestel. Die eerlike woorde met die ligte wysie het die boodskap van hoop op dié dag van liefde oorgedra.

Ek het met MIS JOU probeer om die emosie so eerlik en rou as wat ek kon na vore te bring en ek glo baie luisteraars sal daarmee kan vereenselwig,” het hy vertel.

pierreNelMisJou

MIS JOU is ’n pop-ballade wat handel oor ’n kêrel wie se hart bars van verlange ná ’n vorige verhouding. Volgens Pierre bewys dié graad van verlange indirek dat storieboekliefde en dieselfde passie bestaan. MIS JOU is uit Pierre se pen en saam met die veelsydige Hugo Ludik verwerk.

Die liedjie se konsep het ontstaan nadat ek voorheen so iets moes verwerk en dié liedjie was geskep om vanuit my eie rou emosie genesing te vind,” het Pierre verduidelik. In die musiekvideo kry sy woorde lewe as die hoofkarakter ’n eksperimentele prosedure ondergaan om die herinneringe, verlange en pyn te verwyder.

Die musiekvideo spreek die diep konsep van seer en verlange op ’n ligte wyse aan en die resultaat is presies wat ek wou bereik. Self al voel die situasie hoe swaar, die wete dat daar ander mense is wat deur iets soortgelyk gegaan het, laat mens darem voel jy is nie alleen nie. Jy word verstaan, en dit maak die meeste situasies bietjie meer draaglik,” het hy gesê.

Kyk die musiekvideo hier:

Sy eerste enkelsnit, Al Waarvoor Ek Leef, is reeds in 2017 vrygestel. In 2019 het hy ook gekwalifiseer as dokter. “Ek beplan ’n lewe vol kreatiwiteit en opwinding met my musiek, maar ek wil ook spesialiseer in narkose of oogheelkunde,” het hy sy toekomsplanne gedeel.

“Wysheid wys vir my wat ek moes leer …”  – Pierre Nel

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook, Twitter, Instagram