fbpx
Nuwe enkelsnit vir gospelsangeres, Jessica Dalla Torre

Nuwe enkelsnit vir gospelsangeres, Jessica Dalla Torre

Die Suid-Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer, Jessica Dalla Torre, se splinternuwe enkelsnit word vandag op radiostasies regoor die land vrygestel. GO WHERE YOU WANT TO GO vanaf haar Christelike kontemporêre debuutalbum, INTO YOUR HEART.

Die boodskap van die liedjie is eenvoudig, gee jou lewe oor aan Christus. Om die Heilige Gees toe te laat om binne jou en jou huis te beweeg en om jou lewe te skenk. Deur dit te doen, sal ’n mens ’n nuwe perspektief kry op jou doel in die lewe. “God sal altyd voorsien wat ons nodig het, ons moet net vertrou en staan op die beloftes in sy woord, ongeag wat rondom ons aangaan,” vertel Jessica.

Like water, pour out_
_flood into our homes_
_Holy Spirit, lead us_
_go where You will go_
_Like a river, move us_
_out of our control_
_Holy Spirit, lead us_
_go where You want to go

Jessica se grootste droom en begeerte is deur God vervul toe sy die geleentheid gekry het om medeskrywer van die enkelsnit te wees in Nashville, Tennessee. Die hoofskrywers is Daniel Ornellas (Tree63) en Aaron Tomberlin. Die hoofdoel is om hoop aan gesinne en nasies te gee.

Jessica se vorige enkelsnit, YOU WANT MY HEART, is in Oktober 2019 vrygestel. Die liedjie het op 12 verskillende radiostasies regoor Suid-Afrika gespeel. YOU WANT MY HEART handel oor God se liefde vir ons, ongeag ons verlede, wat ons gedoen het en dat Hy ons net nader aan Hom wil trek.

Dié dame met die pragtige stem het groot planne vir 2020. Sy is besig met ’n kortspeelplaat, asook Kersfeesliedere wat sy beplan om later vanjaar vry te stel.

Jessica se musiek is op die volgende platforms beskikbaar: iTunes, Spotify

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook, Instagram, Youtube

Webtuiste: www.jessicadallatorre.com