Plectrum Top 40 – Week 13

Plectrum Top 40 – Week 13

CheraLee behou haar posisie op No 1 hierdie week met AS MÔRE KOM, na die liedjie sy debuut boaan die trefferlys gemaak het verlede week. Eugene Nel se GENOEG IS GENOEG klim na sy oogste posisie nog na No 2.
Coffee Snobs se BRANDERKIND maak hul debuut op die trefferlys op No 3. Len Muller se HARTKLOP is op No 4, dit is ook die liedjie se 13de week op die trefferlys. VROU van Irene-Louise van Wyk en Liezel Pieters sak drie posisie terug na No 5. Kaleidoskoop se VLUGVOETIG klim een posisie op na No 5.

EEN VIR MY van Posduif verskyn vir die eerste keer op die trefferlys op No 7. SOLDAAT van Johan Anker kuier vir die 13de week in die Top 10 en is hierdie week op No 8. Len Muller se TOEVLUG saam met Stella is op No 9. Die Top 10 word voltooi deur Bottomless Coffee Band se EK WOU NOG.

Liedjies wat hul debuut maak op die Plectrum Top 40:

  • ANDERS van Zybrant op No 20

Liedjies wat weer verskyn op die Plectrum Top 40:

  • TAKE ME HOME van Bonnie Jackson op No 12
  • JY IS LIG van Henri Alant op No 14
  • VELDBRAND van Theo Nel op No 26
  • IRRELEVANT van Die Melktert Kommissie op No 36
  • HOU JOU HAND VAN MY LYF AF (MEGA MIX 2021) van Irene-Louise van Wyk op No 40

Interessante statistieke van die Plectrum Top 40 hierdie week:

  • ‘n Totaal van 167 liedjies het hierdie week gekompeteer vir ‘n plek in die Top 40.
  • Al 167 liedjies het ‘n gekombineerde kyke van 1 174 835
  • Die totale nuwe kyke van die 167 liedjies hierdie week was 24 900 waarvan 21 456 behoort aan die liedjies in die Top 40.