fbpx
RVN – Intieme Vuur

RVN – Intieme Vuur

RVN Intieme Vuur

Ruan van Niekerk, wat as RVN bekendstaan, se jongste enkelsnit INTIEME VUUR is pas bekendgestel en met dié liedjie bewys die mynopmeter van Middelburg in Mpumalanga dat hy nie net kragtigte melodieë kan skep nie, maar ook meesleurende lirieke kan skryf.

RVN het ‘n heerlike gruisstem en dit herinner nogal aan die growwe myngrond waarmee hy daagliks werk. Hy is ook ‘n sanger wat nooit gaan ophou droom nie – “dit is tog waaroor INTIEME VUUR ook handel; om nooit jou drome op te gee nie,” sê hy. En hy hoop dat hy ook eendag sy talent op van die land se grootste verhoë ten toon kan stel.

RVN se vorige enkelsnitte waaronder Lewe nie van ander, Wapen in jou hand en Waar gaan ons van hier is goed deur plaaslike radiostasies en die publiek ontvang. Hy het hom reeds met die liedjies as ‘n Afrikaanse alternatiewe rocksanger gevestig en met INTIEME VUUR skroom hy nie om met die beste in die alternatiewe musiekbeweging mee te ding nie.

Met die eerste leesopslag van die liedjie se titel kan ‘n mens maklik glo dat dit net nog ‘n  liefdesballade is; inteendeel, dit handel oor alles behalwe romantiese liefde. Die liedjie

is amper-patrioties en spreek van ‘n sterk gevoelsliefde; liefde vir jou naaste en liefde vir jouself; vir die land en die mense wat daarin woon. ‘n Gevoel wat sterk in die koorgedeelte verwoord word:  wees ‘n vuur in die donker, wees ‘n held wat na vore kom, wees ‘n INTIEME VUUR wat die verwoesting weer gaan bring…”   ‘n Liedjie wat eintlik ook mense kan inspireer om in die Covid-19- en misdaadvoos land as helde op te staan en ‘n lig en vuur vir ander te wees.

Oor INTIEME VUUR sê hy: “Ek wil graag mense motiveer om nooit op te gee nie; om ‘n lig en terselfdertyd ook ‘n vuur te wees vir mense wat voel dat hulle nie meer in die samelewing kan oorleef nie. Jou aksies kan mense ophef of afbreek; jou aksies kan die verskil tussen lewe en dood beteken. Met die liedjie wil ek aan luisteraars sê dat ‘n mens net sterker kan raak deur die pyn van jou verlede en dat dáárdie dinge van jou ‘n held kan maak.”

RVN is in Belfast in Mpumalanga gebore en het op 1 April vanjaar sy 24ste verjaarsdag gevier. Hy is op gekkedag gebore en hy was gereeld in sy vriende se visier, maar gelukkig is sy liefde vir musiek nie ‘n gekkedaggrappie nie.  “Ek het nog altyd gesing, maar het eers op veertienjarige ouderdom begin kitaar speel,” vertel hy. Na hy gematrikuleer het, het hy by ‘n myn as mynopmeter begin werk en het kort daarna ook ‘n kwalifikasie daarin voltooi.  

RVN het ‘n heerlike gruisstem en dit herinner nogal aan die growwe myngrond waarmee hy daagliks werk. Hy is ook ‘n sanger wat nooit gaan ophou droom nie – “dit is tog waaroor INTIEME VUUR ook handel; om nooit jou drome op te gee nie,” sê hy. En hy hoop dat hy ook eendag sy talent op van die land se grootste verhoë ten toon kan stel.

SOSIALE MEDIA

Facebook