fbpx
Plectrum Top 40 – Week 16

Plectrum Top 40 – Week 16

Hierdie week op die Plectrum Top 40, Cheralee se AS MÔRE KOM is weer terug op No 1 na die liedjie verlede week ‘n breek gevat het van hierdie posisie. Dis die liedjie se vierde nieopeenvolgende week op No 1.

Van Reg en Rede se RIGTINGLOOS maak hul debuut op die trefferlys op No 2. Zybrandt se ANDERS behou sy posisie op No 3. Saarkie se nuutste enkelsnit RIVER BLUES maak hul debuut op No 4.

‘n Eerste verskynsel op die Plectrum Top 40 is dat die liedjies vanaf No 5 tot No 8 behou hul posisies van die vorige week. Len Muller se HARTKLOP op No 5; Kaleidoskoop se VLUGVOETIG op No 6, Irene-Louise van Wyk en Liezel Pieters se VROU op No 7; en Johan Anker se SOLDAAT op No 8.

Bonnie Jackson se TAKE ME HOME maak weer ‘n verskynsel op die trefferlys op No 9. Die Top 10 word voltooi deur Bottomless Coffee Band se EK WOU NOG.

Liedjies wat hul debuut maak op die Plectrum Top 40:

  • WAAR EK LEER van Vandiétop No 11
  • SONSTRAAL van ILAN op No 21
  • HERINNERING van Wit Kasteel op No 23
  • VEGTER van Ruan Jordaan op No 34
  • GUILTY van Pastel Pauw op No 35
  • HIER BY JOU van Krisjan op No 37

Liedjies wat weer verskyn op die Plectrum Top 40:

  • HAPPY AS EK DRONK IS van JMF op No 31
  • IN JOU ARMS SLAAP van Cezanne Yzelle op No 36
  • STORM van Beeskraal op No 38

Interessante statistieke van die Plectrum Top 40 hierdie week:

  • ‘n Totaal van 179 liedjies het hierdie week gekompeteer vir ‘n plek in die Top 40.
  • Al 179 liedjies het ‘n gekombineerde kyke van 1 366 894
  • Die totale nuwe kyke van die 179 liedjies hierdie week was 19 308 waarvan 15 066 behoort aan die liedjies in die Top 40.

LEES MEER

Plectrum Top 40

Plectrum Top 40 Week 16