Plectrum Top 40 – Week 19

Plectrum Top 40 – Week 19

Hierdie week op die Plectrum Top 40, Joshua Na Die Reën & Nathan Smith se duo enkelsnit en JNDR se eerste enkelsnit, FOR A LITTLE WHILE maak hul debuut op No 1. Len Muller se HARTKLOP kuier vir die derde keer op No 2, die liedjie is al 19 weke op die trefferlys.

Adam se nuutste enkelsnit PA SE HAND sak twee posisies terug na No 3, na die liedjie verlede week op No 1 hul debuut gemaak het. CheraLee se AS MÔRE KOM kuier op No 4. Op No 5 is Kaleidoskoop se VLUGVOETIG, dit is die liedjie se 3de week op die posisie.

Riaan Grobler het twee treffers in die Top 10 hierdie week,  LIEFDESHARTAANVAL saam met Jennifer Zamudio op No 6 en VAT HOM VAS is op No 9. Cezanne Yzelle maak weer ‘n verskyning op die trefferlys met IN JOU ARMS SLAAP op No 7. Len Muller se Heildronk is op No 8. Die Top 10 word voltooi deur VANUIT DIE WOLK van Joshua Na Die Reën.

Liedjies wat weer verskyn op die Plectrum Top 40:

  • LEWE van Deon Dee op No 20
  • DIE RIVIER van Reynardt Hugo op No 30
  • HOE HOOG van Renaldo op No 31
  • VRY van Juan Casey & Danie Reënwolf op No 32
  • WENTELBAAN van Legkaart op No 35
  • HOU JOU HANDE VAN MY LYF AF (MEGA MIX 2021) van Irene-Louise van Wyk op No 38
  • HOLD UP van Faraway George op No 39

Interessante statistieke van die Plectrum Top 40 hierdie week:

  • ‘n Totaal van 187 liedjies het hierdie week gekompeteer vir ‘n plek in die Top 40.
  • Al 187 liedjies het ‘n gekombineerde kyke van 1 357 298
  • Die totale nuwe kyke van die 179 liedjies hierdie week was 18 557 waarvan 14 897 behoort aan die liedjies in die Top 40.