fbpx
VEG VIR JOU HART, sing Zander

VEG VIR JOU HART, sing Zander

veg vir jou hart andre amant zander de beer

Andre Amant en Zander De Beer het kragte saam gesnoer met die nuwe enkelsnit, VEG VIR JOU HART. Die enkelsnit is vroeër die maand vrygestel en reeds te hore op verskeie radiostasies en beskikbaar op alle aanlyn platforms.

Andre is ‘n EDM producer met ‘n unieke mix van Deep house, Trance en Pop influences. Hy is ook ‘n kommersiele musiek vervaardiger en klank inginieur by Montana Studios in Pretoria.

Zander is al sedert 2011 bedrywig met sy akteur- en filmloopbaan en het onlangs die rol van die valse fransman van Springs, Henrie Greef, in bekende SABC 2 sepie, 7de Laan gespeel.

Andre Amant en Zander De Beer het kragte saam gesnoer met die nuwe enkelsnit, VEG VIR JOU HART. Die enkelsnit is vroeër die maand vrygestel en reeds te hore op verskeie radiostasies en beskikbaar op alle aanlyn platforms.

Andre Amant se derde enkelsnit is ‘n warm Tropical/Deep House Pop track, dÍe keer saam met akteur Zander De Beer. Zander het die lirieke vir VEG VIR JOU HART geskryf en maak sy debuut maak as sanger. Hy is al sedert 2011 bedrywig met sy akteur- en filmloopbaan en het onlangs die rol van die valse fransman van Springs, Henrie Greef, in bekende SABC 2 sepie, 7de Laan gespeel.

Zander sing al van jongs af maar het onlangs besluit dis tyd om werk te maak van sy sangtalent. ‘n Wedersydse vriend het hom aan Andre Amant voorgestel kort nadat hy VEG VIR JOU HART neergepen het.

Die tydsberekening was perfek en Andre het sy unieke vervaardigingstalent gebruik vir die afronding. “Die lied praat oor die stryd om ‘n hart weer heel te maak en hoe mens moet veg daarvoor, terwyl die musiek ‘n warm en hoopvolle ondertoon aangee”, gesels Zander oor die lirieke.

Andre is ‘n EDM producer met ‘n unieke mix van Deep house, Trance en Pop influences. Hy is ook ‘n kommersiele musiek vervaardiger en klank inginieur by Montana Studios in Pretoria.”Hierdie was die eerste enkelsnit met ‘n mansstem. Ek moes dus die produksie vorm om daarby te pas, en Zander se stem het dit super maklik gemaak om dit in hierdie genre te laat werk”, vertel Andre oor die enkelsnit.

Kyk uit vir die musiek video wat ook binnekort sy verskyning sal maak!

SOSIALE MEDIA

Andre Amant:

Facebook, Instagram

Zander de Beer

Facebook, Instagram

LEES MEER
Podsending EP 1 – André Hurter (Montana Studios) – Plectrum (plectrummusiek.co.za)