fbpx
Podsending EP 1 – André Hurter (Montana Studios)

Podsending EP 1 – André Hurter (Montana Studios)

André Hurter is ’n musiekvervaardiger met 14-jaar ondervinding op sy kerfstok. Tans werk hy by Montana Studios in Pretoria waar hy al saam met verskeie kunstenaars skouers geskuur het.

Dié lys name sluit onder meer Ivan Roux, David Fourie, Min Shaw en Mack Rapapali in. Sy musiek is al op verskeie radiostasies reg oor die land gespeel.

André se vervaardiging- en opnamewerk strek wyd – vanaf kore en klassieke sangers, tot hedendaagse popmusiek.  

In hierdie heel eerste Plectrum podsending gesels Zander de Beer met hom om meer te leer van die musiekvervaardigingsproses. Ons hoor wat hy dink van die huidige Afrikaanse musiekklank en gesels ook hier en daar oor ’n paar tegniese punte; “mixing” en “mastering”, en die dinge wat hý dink belangrik is vir ’n radiovriendelike lied.

Kontak gerus vir André by:

[email protected]
[email protected]
084 583 9258