fbpx
Plectrum Top 40 – Week 5

Plectrum Top 40 – Week 5

Hier is die stand van sake vir die Plectrum Top 40 Week 5. Rayne spandeer sy vierde week op No 1 met LAAT DIT REËN. Die treffer wat elke week ‘n goeie hoeveelheid kyke kry, het hierdie week was die liedjie se hoogste hoeveelheid kyke nog. Johan Anker se Soldaat is terug op No 2, na die liedjie verlede week op No 6 was. VLUGVOETIG van Kaleidoskoop is op No 3.

WENTELBAAN van Legkaart maak sy herverskyning op die Plectrum Top 40 op No 4, dit is na Legkaart aangekondig is as een van Demi se keuses vir die televisieprogram Die Kontrak.

Hartklop van Len Muller is op No 5 en  Joshua Na Die Reën se Vanuit Die Wolk is op No 6.

Op No 7 is een van twee nuwe liedjies op die Plectrum Top 40, en dis Adam se LIEFDE IS. Bottomless Coffee Band se Ek Wou Nog is op No 8. Bloumoord is op no 9 met DIS OKAY en die Top 10 word voltooi deur TOEVLUG van Len Muller (feat. Stella).

HOU MY VAS van Ricardo Muller maak sy debuut op No 38.

Liedjies van weer verskyn op die Plectrum Top 40 Week 5:

  • JY IS LIEF van Henri Alant op No 33
  • HOE HOOG van Renaldo op No 36
  • WEIER van Die Melktert Kommissie op No 40

Interessante statistieke van die Plectrum Top 40 Week 5:

  • ‘n Totaal van 134 liedjies het hierdie week gekompeteer vir ‘n plek in die Top 40.
  • Al 134 liedjies het ‘n gekombineerde kyke van 955 709
  • Die totale nuwe kyke van die 134 liedjies hierdie week was 18 565 waarvan 16 373 behoort aan die liedjies in die Top 40.

Die Plectrum Top 40 se data word verwerk en saamgestel deur Reputasie.

Plectrum Top 40 Week 5

LEES MEER

Plectrum Top 40