Plectrum Top 40 – Week 7

Plectrum Top 40 – Week 7

So staan ons in week 7 van die Plectrum Top 40. Hierdie week se uitslae lyk as volg:

Sky Ocean (feat. Reynardt Hugo) maak hul debuut op No 1 met LAAT DIE LIEFDE LEEF. Verlede week se No 1 LAAT DIT REËN van Rayne sak een posisie terug na No 2

Lem Muller se HARTKLOP is op No 3 die week. WENTELBAAN van Legkaart behou sy posisie op No 4, dit is die liedjie se 3de week op die posisie. SOLDAAT van Johan Anker behou ook sy posisie op No 5. Henri Alant se ROSE maak sy debuut op No 6, na die liedjie twee weke gelede vrygestel is.

Kaleidoskoop se VLUGVOETIG behou ook hul posisie op No 7. Marichelle maak haar debuut op die Plectrum Top 40 met YOU AND ME op No 8. Len Muller beklee No 9 en No 10 met TOEVLUG (feat. Stella) en HEILDRONK onderskeidelik.

Liedjies wat weer verskyn op die Plectrum Top 40:

  • HOU JOU HANDE VAN MY LYF AF (MEGA MIX 2021) van Irene-Louise Van Wyk op No 34
  • VOLGENDE LEWE van Leevona op No 36
  • OU VLAM van Heuning op No 37
  • WEIER van Die Melktert Kommissie No 38
  • BOOMBOX van Theo Nel (feat Vincent Gordon) op No 39

Interessante statistieke van die Plectrum Top 40 week 7:

  • ‘n Totaal van 144 liedjies het hierdie week gekompeteer vir ‘n plek in die Top 40.
  • Al 144 liedjies het ‘n gekombineerde kyke van 1 010 326
  • Die totale nuwe kyke van die 144 liedjies hierdie week was 26 492 waarvan 24 043 behoort aan die liedjies in die Top 40.

Die Plectrum Top 40 se data word voorberei en verwerk deur Reputasie. Besoek gerus hul webblad vir meer trefferparades.

Die Plectrum Top 40 is SA se grootste trefferparade eksklusief vir onafhanklike kunstenaars. Ons sit jou ore aan.

Plectrum Top 40 Week 7

LEES MEER

Plectrum Top 40