fbpx
Plectrum Top 40 – Week 8

Plectrum Top 40 – Week 8

So lyk die Plectrum Top 40 Week 8.

Rayne klim weer tot No 1 met LAAT DIT REËN, dit is die liedjie se 6de nie-opeenvolgende weke op No 1. JP White maak sy terug keer na die Plectrum Top 40 met ONBEPLAN op No 2, na die liedjie se musiekvideo vrygestel is vroeër die week.

Len Muller se HARTKLOP behou sy posisie op No 3. Wikus Botma maak sy debuut op die trefferlys op No 4 met WE’LL BE OKAY. NOG ‘N KANS van Alida gee haar definitief nog ‘n kans in die Top 10 na die liedjie vanaf No 23 na No 5 hierdie week spring. Eugene Nel volg in Alida se voetspore en sy GENOEG IS GENOEG spring vanaf No 20 na No 6.

Johan Anker se SOLDAAT is op No 7 en Len Muller se TOEVLUG (feat Stella) is op No 8. Adam se LIEFDE IS klim weer in die Top 10 na No 9. IN JOU ARMS SLAAP van Cezanne Yzelle maak haar debuut die week op No 10.

 Liedjies wat hul debuut maak op die Plectrum Top 40 in Week 8:

  • STORM van Beeskraal op No 31

Liedjies wat weer verskyn op die Plectrum Top 40:

  • WIE IS JY? Van William Wolf op No 37.
  • MY VROU van Christiaan Baartman op No 39.

Interessante statistieke van die Plectrum Top 40 hierdie week:

  • ‘n Totaal van 148 liedjies het hierdie week gekompeteer vir ‘n plek in die Top 40.
  • Al 148 liedjies het ‘n gekombineerde kyke van 1 036 250
  • Die totale nuwe kyke van die 144 liedjies hierdie week was 27 653 waarvan 24 868 behoort aan die liedjies in die Top 40.

Die Plectrum Top 40 se data word voorberei en verwerk deur Reputasie. Besoek gerus hul webblad vir meer trefferparades.

Die Plectrum Top 40 is SA se grootste trefferparade eksklusief vir onafhanklike kunstenaars. Ons sit jou ore aan.

Plectrum Top 40

LEES MEER

Plectrum Top 40