fbpx
REDEEMING LOVE

REDEEMING LOVE

Plectrums: 5 out of 5 stars

Die aangrypende boek REDEEMING LOVE (Verlos deur die liefde in Afrikaans) wat geskryf is deur Francine Rivers, is binnekort te sien in bioskope regoor die land. Die film begin draai op 21 Januarie 2022 en beloof om jou op ‘n reis van selfvergifnis te neem.

redeeming love

REDEEMING LOVE is die verhaal van ‘n jong vrou wat deur gebeure uit haar verlede ‘n stryd voer teen vertroue en haar onvermoë om lief te hê. Dis eers later toe ‘n Samaritaan oor haar pad kom dat sy vredemaak met haar verlede.

Alhoewel die sinopsis van die storie cliché mag klink, is die uitbeelding hiervan alles behalwe. Die fliek wat afspeel in 1850 skep ‘n realiteit wat jou ongemaklik laat en kry dit reg om jou eie probleme klein te laat. Dis juis element wat die oplossing van die film tot sy reg laat kom. Die verhaal is gegrond op Christelike waardes en is gebasseer op die boek Hosea uit die Bybel.

Die rolprent spog met gesoute akteurs (paar wat ook Suid-Afrikaners is) wat oortuigend hul karakters vertolk.

Die Kaapse landskappe waar die fliek verfilm is dra by tot die sukses van die kinematografie wat bloot uitstekend is. Die klankbaan van die rolprent is die deurslag wat die emosie van die verhaal tuisbring.

Die tema’s in die film mag dalk swaar wees vir baie om te verteer. Die storie kry dit reg om die die kontras tussen selfverwyt en vergifnis te skep.

Maak seker jy kry jou kaartjies vir hierdie puik-puik produksie.

Die film is bekendgestel tydens ‘n intieme voorvertoning op 19 Januarie 2022 by Nu Metro in Hyde Park. Die aand is begewoon deur talle bekendes. Na afloop van die film is dit afgesluit met ‘n applous deur die gaste.

SOSIALEMEDIA

Facebook, Instagram