fbpx

Rubber Duc bring hulde aan alle moeders met nuwe enkelsnit

Om Moedersdag op 9 Mei te vier, het die gewilde en geliefde groep – Rubber Duc – besluit om moeders met ’n splinternuwe enkelsnit te bederf. MAMA vier die een persoon wat altyd daar is en ’n liefde wat nooit ophou nie – ’n moeder se liefde.  

Die liedjie is deur hoofsanger, Nick Jordaan, geskryf as ’n Moedersdaggeskenk vir sy ma. Maar die boodskap is universeel en bring hulde aan alle ma’s regoor die wêreld.  

“Dit is baie maklik om oor liefde en gebroke harte te skryf. Ons het dit al baie gedoen, sê baskitaarspeler, Nick Jordaan. Ons is egter geneig om te vergeet van die mense in ons lewens wat die stukkies optel wanneer ons uitmekaar uit val. Diegene wat ons oplig wanneer ons af voel. Die mense wat altyd die pad saam met ons sal loop, omdat ons deel is van hulle en hulle waardes en DNS deel.” 

Alhoewel die snit ma-wees vier, hoop die groep dat lesers ook ’n emosionele vlak by dié betekenisvolle liedjie sal aanklank vind. Ons hoop dit moedig familieverbintenisse aan en dat dit ook sal help om genesing te bring waar nodig. Die liedjie is soveel die luisteraars s’n as wat dit ons s’n is,” sê Jordaan.

Die vrystelling van die enkelsnit kom met ’n opwindende kinkel in die kabel. Na ’n jaar sonder lewendige optredes, hoop musikante regoor die wêreld om met aanhangers kontak te hou deur opwindende nuwe tegnologie wat bekend staan as onvervangbare krediete (non-fungible tokens of NFT’s). Hierdie is ruilbare digitale versamelstukke wat ons musiek en ekstra bonusmateriaal op ’n unieke manier aan die publiek beskikbaar stel, verduidelik baskitaarspeler, Amiel Gopal.

“Sedert die bekendstelling van stromingsplatforms, het die ‘eienaarskap’ van musiek en CD’s verlore gegaan. As jy ’n MAMA NFT koop, kan jy jou eie unieke digitale weergawe van die snit besit. Te danke aan blockchain-tegnologie is dit nou, vir die eerste keer sedert val van fisiese albums en iTunes, weer moontlik om musiek te koop en vir iemand as ’n geskenk te gee.” 

Rubber Duc is ’n trots Suid-Afrikaanse groep met ’n goeie verhoogpersoonlikheid, betekenisvolle lirieke en interessante klanke wat in 2014 ontstaan het. Die groep bestaan uit Nick Jordaan (hoofsanger), Brendan Campbell (hoofkitaarspeler), Amiel Gopal (baskitaarspeler), Kabelo Seleke (saksofoon) en Nicholas McCreadie (dromspeler). Hulle debuut-album, The Secret Sunrise, is in September 2016 vrygestel en het baie sukses behaal.

’n Nuwe album word ook vir later vanjaar beplan. “Ons is baie opgewonde oor die album. Ons beplan om te hou by Rubber Duc se tradisionele styl en dit te kombineer met ’n tikkie 2021-betowering, soos wat in MAMA gehoor kan word.” 

MAMA sal vanaf 7 Mei op digitale platforms beskikbaar wees. (Bewonderaars kan ook voor die bekendstellingsdatum na die liedjie luister deur na die NFT-skakels te kyk.

Luister hier of koop die enkelsnit hier.

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook, Twitter, Instagram

Webblad: www.rubberduc.co.za