fbpx
Plectrum Top 40 – Week 15

Plectrum Top 40 – Week 15

Hierdie week op die Plectrum Top 40, Eugene Nel se GENOEG IS GENOEG kroon op die No 1 posisie.  Dié liedjie het die afgelope 10 weke op die trefferlys geboer en het elke week een posisie hoër geklim.

Mario Lategan maak sy debuut op die Plectrum Top 40 op No 2 met sy eerste radio enkelsnit SAGTE VAL. Zybrandt se ANDERS maak weer ‘n verskyning op die trefferlys op No 3. HOLD UP van Faraway George maak sy debuut op No 4.

Len Muller se HARTKLOP skuif twee posisie op na No 5. VLUGVOETIG van Kaleidoskoop is op No 6. VROU van Irene-Louise van Wyk en Liezel Pieters is op No 7. Johan Anker se SOLDAAT is weer in die Top 10 met ‘n rekord verbeterende 14de week.

Len Muller se TOEVLUG saam met Stella is op No 9 en VANUIT DIE WOLK van Joshua Na Die Reën voltooi die Top 10 hierdie week.

Liedjies wat hul debuut maak op die Plectrum Top 40:

  • TEVEEL van Van Reg en Redeop No 35

Liedjies wat weer verskyn op die Plectrum Top 40:

  • WE’LL BE OKAY van Wikus Botma op No 39
  • WENTELBAAN van Legkaart op No 40

Interessante statistieke van die Plectrum Top 40 hierdie week:

  • ‘n Totaal van 172 liedjies het hierdie week gekompeteer vir ‘n plek in die Top 40.
  • Al 172 liedjies het ‘n gekombineerde kyke van 1 235 826
  • Die totale nuwe kyke van die 167 liedjies hierdie week was 17 908 waarvan 14 996 behoort aan die liedjies in die Top 40.