fbpx
Sterstatus Seisoen 4 – Wenner aangewys.

Sterstatus Seisoen 4 – Wenner aangewys.

LARISSA BESTER, ’n dans instrukteer van Pretoria, is nie net amptelik gekroon as die wenner van hierdie wonderlike vrouebemagtigingsprojek nie, maar neem ook die leisels oor by Charné Kemp (wenner van Sterstatus 2020) wat ook die aanbieder van die program was. Buiten vir die geleentheid om haar kolligdrome plaaslik te verwesenlik, het dié pragtige rooi kop ook weggestap met ’n hele rits ongelooflike pryse van onder andere Wildebees, SL Lasers, Dr Esmari van Untouched, Bodytec, Hair & Beauty warehouse, Annique en vele meer.

“Eg tot my naam Larissa se betekenis, is ek ‘n borrelende fontein, maar ook vroulik en grasieus soos die betekenis van my tweede naam, Madeleine. Ek glo daarin om die lewe voluit te leef – tot die beste van my vermoë, oop te wees vir groei, deur die storms te dans, te blom waar ek gaan, en om krone van vrouens te herposisioneer” sê dié Goue-wenner waarvoor sy staan.

“Ek glo met my hele hart en wese, dat daar “beauty from ashes” kom. Elke seer, teleurstelling, mislukking, en groeipyn is nie net verbrande as, sonder ‘n doel nie – dit is in afwagting om in mooi te verander. Ek kies dit, en ek glo dit!”

“Sterstatus het ‘n ontsettende belangrike rol gespeel in die ontdekking of beseffing van wie ek is. Ek kon nooit verstaan hoekom elke vrou ‘n pragtige bos blomme is nie – een ‘n bos rose, die ander sonneblomme, maar ek het myself meer gesien as ‘n bos met klomp verskillende tipes blomme…

Ster-Status se “journey” het my tot die beseffing gebring dat ek ‘n gemengde bos blomme in my eie uniekheid en mooi is – en dat dit nie ‘n slegte ding is nie.

Carma v Niekerk het tweede (Silwer-toekenning) geëindig en sal vir die wenner instaan waar nodig, terwyl Anelle Kleinsmit as Brons-prinses uit die stryd getree het.

STERSTATUS se liefdadigheidswenner, Danelle Dreyer, het op haar beurt, ook weer die leisels aan die Brunette, Lané Bronkhorst, oorhandig. Lané sal ook instaan as mede-aanbieder in sterstatus se seisoen 4. Cindy-Lee Burrel en Angeline Swanepoel is onderskeidelik as tweede en derde prinsesse in hierdie kategorie aangewys.

Ander titels wat gedurende die aand toegeken is, sluit in:
Bianca Bezuidenhout as Sterstatus Direkteur keuse;
Lulu Joubert as SterPersoonlikheid;
Cindy-Lee Burrel as wenner van die Debutant-prys;
Courteney Abrie as wenner van die publieke keuse.

STERSTATUS is die eerste van sy soort op Suid-Afrikaanse bodem en fokus daarop om jong vroue (millenniërs) aan die vermaakbedryf bekend te stel deur middel van werkswinkels, opleidingsessies en verskeie uitdagings om hulle voor te berei op ’n suksesvolle lewe in die kollig. Die wenner van die reeks kry ook haar gelukkige deurbraak as Aanbieder van die volgende seisoen van Sterstatus op VIA TV.

Sterstatus is ’n definitiewe bewys dat jy enige iets kan bereik as jy in jouself en in jou droom belê. So indien jy baie van realiteitsprogramme, liefdadigheid en vrouebemagtiging hou dan is Sterstatus beslis die program wat jou vasgenael voor die TV gaan hou.

SOSIALE MEDIA
Facebook
Instagram