fbpx
Ma (Nadia Vorster) en dogter (Alba) sing duet.

Ma (Nadia Vorster) en dogter (Alba) sing duet.

In ’n splinternuwe, emosievolle duet tussen Nadia Vorster en haar dogter, Alba, besing hul die ware liefde tussen ’n ouer en ’n kind. Dié enkelsnit, YOU & ME, is pas vrygestel en elke ouer sal sal kan identifiseer met die grootste liefde wat hul ooit sal ervaar – dié vir hul kind.

“As ouer voel ’n mens dikwels dat jy dinge verkeerd doen. Jy maak soms verkeerde besluite en soms maak jy regte besluite wat jou kinders eers sal verstaan wanneer hul self kinders het,” het Vorster vertel.

Nadia Vorster Alba You & Me Cover Plectrum

“Deur dit alles is één ding perfek – en dis die liefde tussen ’n ouer en kind,” het sy bygevoeg.

Dit is Vorster en die dertienjarige Alba se eerste duet wat vrygestel word – en ook die eerste Engelse liedjie met ’n country-aanslag.

You & Me is gepen deur Vorster en sanger-liedjieskrywer, William Wolf, wat ook sélf tans op radiogolwe landwyd opslae maak. Chantel van Zyl het was ook deel van die skryfproses.

“Hierdie liedjie spreek boekdele oor my eie persoonlike ervaring van ouerskap en ek dink elke ouer en kind moet hierna luister,” het Vorster gesê.

“Ek is so trots op Alba en kan nie wag dat mense haar nou saam met my kan hoor nie,” het sy opgewonde vertel.

Volgens Alba is dit vir haar ’n eer om saam met haar Ma ’n liedjie te doen en iets wat sy vir alyd sal koester.

“Ek is al van kleins af baie lief vir musiek en toneelspeel en hierdie is ’n hoogetpunt wat ek altyd gaan onthou,” het Alba vertel.

“Ek glo dat my musiek altyd inspirerend moet wees en You & Me lê my na aan die hart omdat ek self al moeilike besluite as ouer moes neem,” vertel Vorster.

Volgens haar verwyt sy ook haarself oor van die besluite, maar wéét en vertrou sy dat dit die regte besluit op daardie stadium was.

“Met die boodskap van You & Me wil ek ouers én kinders bemoedig met die wete dat ons as gesinslede nie altyd perfek is nie, maar ons liefde vir mekaar is perfek en dit sal ons deurdra,” het sy bygevoeg.

Vorster se liedjies is kenmerkend met die sterk boodskappe wat dit oordra sodat luisteraars dit kan koester. Sy het ook gedurende September 2020 haar enkelsnit Vanget vrygestel en dié liedjie speel op radiostasies landwyd.

Vroeër vanjaar het sy Hoe Jy Lyk, geskryf deur Riana Nel, vrygestel.

“Ek wil ook nog graag aan ’n Kerslied werk want Kersfees maak my kinderlik opgewonde,” het sy gesê.

’n Musiekvideo vir You & Me is ook in die pyplyn.

  • Op dertienjarige ouderdom het Alba ook reeds verskeie prestasies agter haar naam. Haar eerste kennismaking met die verhoog was toe sy die rol van Rooikappie in haar kleuterskoolkonsert vertolk het. Daarna was daar geen keer aan haar nie.
  • Sy het haar eerste Golden Ticket gekry vir SA Kids with Talent in Graad 2
    • Junior Algehele wenner in Pied Piper se sangkompetisie
    • Top 12-finalis in Just Keep Singing (alle ouderdomme)
    • Pacisa 2021 is sy deur na finale rondte (moes onttrek as gevolg van SACOPA)
    • SA Kids with Talent 2021: behaal finale rondte (derde posisie vanuit alle ouderdomme). Finaal is later vanjaar.
    • Con Spirito: itemwenner van verskeie afdelings tydens provinsiale rondtes in 2020 en 2021 (onttrek uit finale rondte agv SACOPA)
  • SACOPA (South African Championships of Performing Arts) 2020 behaal sy twee brons en twee silwer medaljes en word verskies as lid van “Span SA” wat Suid-Afrika in die Verenigde State van Amerika (Los Angeles) gaan verteenwoordig gedurende Junie 2022.
    • SACOPA (South African Championships of Performing Arts) 2021 – pas deelgeneem en wag op uitslae.
    • Alba sal ook in Maart 2022 deel wees van die verhoogstuk, Rapunzel, deur Ever After Stage Productions.

Luister You & Me nou op alle stromingsdienste hier: https://nadiavorster.lnk.to/YouAndMeMB

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram