fbpx
THE HOLLYWOOD WALK OF FAME

THE HOLLYWOOD WALK OF FAME

Die Barnyard Teater is sinoniem vir goeie vermaak en musiek en met hul nuwe vertoning THE HOLLYWOOD WALK OF FAME is dit weer ‘n bewys waarom hierdie vermaaklikheidsplatform die vrugte van hul sukses geniet.

THE HOLLYWOOD WALK OF FAME is ‘n versameling van al die top liedere vanuit films wat strek oor talle dekades heen. Die repertoire sluit, onder andere, liedere in soos FAME, SHALLOW, GREATEST SHOW, ROCKET MAN en GREASE LIGTHNING, om ‘n paar te noem.

Die aanbieding is wêreldklas en die sangers, Kyle Grant, Elizca Coetzer, JP Moggee, Candice Kennedy en Marvin Nethononda vertolk die musiek met alle oorgawe en oortuiging.

Die vertoning spog met ‘n paar kragduette deur Kyle Grant en Elizca Coetze en met hul vertolking van Shallow kry die twee bekroonde sangers dit reg om jou lyf behoorlik met hoendervleis te bedek.

Daar is ook ‘n paar komiese sangitems wat deelmaak van die vertoning wat deur JP Moggee gelewer word, maar om dit hier te noem sal die verrassing daarvan belemmer.

James Dobson wat optree as die musieksamesteller van die vertoning het hom puik van sy taak gekwyt. THE HOLLYWOOD WALK OF FAME is ‘n voorbeeld van ‘n vertoning wat perfek in ekwilibrium staan wanneer dit by sang, liedkeuse en vertolking kom. Daar is groot verrassings in die vertoning wat jou aandag vir die volle duur daarvan boei.

Al die musiek word regstreeks uitgevoer deur ‘n orkes wat bestaan uit elektriese kitaar, baskitaar, klavier, dromme asook ‘n saksofoon. Elk van die instrumente word deur afgeronde instrumentaliste bespeel. Die orkes spog met musici wat insluit: Alfred Thato Tswai op die dromme, Kris Valery & Hansie Roodt op kitaar, James Dobson agter die klavier en Ola Sax op die saksofoon.

Die solospel van Ola Sax op die saksofoon asook Kris Valery op elektriese kitaar sal jou mond laat oophang van bewondering.

As jy op soek is na ‘n vertoning wat jou sal laat opspring en dans, is hierdie iets wat jy nie wil misloop nie.

Kaartjies kan aanlyn gekoop word by: https://www.barnyardtheatre.co.za/show.aspx?sid=739.

THE HOLLYWOOD WALK OF FAME is te sien by Barnyard Menlyn, Silverstar asook Emperors Palace. Besoek hul webblad om meer inligting oor optreedatums te kry.

THE HOLLYWOOD WALK OF FAME is vermaak wat vir die hele gesin geskik is.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram