fbpx
#UltimateWildcat ’23 Finaliste

#UltimateWildcat ’23 Finaliste

Die #UltimateWildcat kompetisie is ontwerp om jong aspirantmodelle, sosialemedia persoonlikhede en inhoudskeppers regoor Suid-Afrika te bemagtig. Die kompetisie poog om hierdie mense meer kennis oor die industrie te laat bekom.

Die kompetisie is reeds in 2015 deur Layla Ismailov Walton geskep en was elke opeenvolgende jaar aangebied. Sedert die ouderdom van 15 het Layla gedroom van ‘n platform wat vir vir vroue die geleentheid bied om te ontwikkel as modelle. Die droom was egter om verby die voorkoms te kyk om so ander eienskappe na vore te bring soos hardwerkendheid, deursettingsvermoë en toewyding.

Hierdie eens-in-‘n-leeftyd geleentheid bied vir die deelnemers die kans om saam met van ons land se top kreatiewe persone te werk. Die doel is om deur #UltimateWildcat ’23 hul loopbaan as model en sosialemediapersoonlikheid af te skop.

Hierdie week sluit die top 6 finaliste by die organiseerders aan in Kaapstap.

Die finaliste sal deelneem aan ‘n fotosessie wat op die 6de Junie plaasvind.

Op die 7de kry hul die kans om ‘n werkswinkel by te woon wat aangebied word deur een van Suid-Afrika se top filmaker, Chris Rogers. Hier werk hulle hand-aan-hand saam met Chris en vertel hy hul meer van sy geheime om kreatief te dink om so hul talente beter ten toon te stel.

Die finaliste is:

Ntando Sgudla – https://www.instagram.com/ntandosgudla/
Anarzade Omar – https://www.instagram.com/anarzadeomar/
LuJuan Mzyk – https://www.instagram.com/lujuanmzyk/
Jesse Parenzee – https://www.instagram.com/jesse_parenzee/
Pumla Dineo – https://www.instagram.com/pumla_dineo/
Stacy Gossayn – https://www.instagram.com/stacygossayn/

Om meer inligting rondom #UltimateWildcat te kry, kan jy gerus hul sosiale media kanale volg. UltimateWildcat ’23 word moontlikgemaak deur ASUS Vivobook.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram

Webblad