fbpx
Wen saam met SHARONEY, ONTBYTSAKE en KLEREKAS.COM

Wen saam met SHARONEY, ONTBYTSAKE en KLEREKAS.COM

Die beeldskone sangeres, SHARONEY, het die afgelope Saterdag tydens die Ontbytsake-program, ‘n opwindende kompetisie bekendgestel. Die kompetisie wat sy tesame met dié program en die grootste Afrikaanse aanlyn eenstop-klerewinkel, KLEREKAS.COM aanbied, is geïnspireer deur haar nuutste enkelsnit, 21 VIR EWIG. Heerlike pryse kan gewen word, onder andere ‘n geskenkbewys ter waarde van R2100 met die komplimente van Klerekas.com!

Dié jong vrou met haar borrelende persoonlikheid en onblusbare energie is onlangs aangewys as ambassadeur van Sinden Fitness asook hulle klerereeks. en is ook druk besig met haar deelname aan die Apprentesses Ster-Status realiteitsprogram wat tans vir VIA TV vervaardig word.  Sy beskou steeds 2020 as haar #DoenJaar, ongeag die uitdagings wat Covid-19 meegebring het en met hierdie positiewe uitkyk en houding kan jy verstaan hoekom die publiek, media en haar aanhangers gaande is oor haar.

SHARONEY se enkelsnit en musiekvideo, 21 VIR EWIG, wat die voorloper is vanaf haar komende album, kan gereeld op radiostasies landswyd gehoor word en die musiekvideo speel voortdurend op verskeie TV kanale landswyd.  Die video is ook al duisende kere op YouTube gekyk.

As jy dit nog nie gesien het nie, kyk dit nou hier:

Dié pop-nommertjie kom uit die pen van Douvoordag se Jattie de Beer en spog met ‘n splinternuwe volwasse klank.  Dit laat jou voete behoorlik jeuk om te dans en dis ‘n regte oorkruiper.  Dit is ook ‘n liedjie wat jou laat terugdink aan die dae toe jy 21 jaar oud was.  Kan jy nog onthou toe jy jou mondigwording gevier het?

“21 Vir Ewig voel ek is een van my beste snitte vandat ek die musiekbedryf betree het. Vandat ek aan ‘n nuwe enkelsnit begin dink het, het ek geweet dat ek graag iets nuut in my musiek wil hoor. Jattie het so goed verstaan wat ek in gedagte gehad het en het toe vir my die liedjie geskryf. Ek is verskriklik trots op die enkelsnit omdat ek voel ek redelik baie insette in die proses gehad het. Dit is vir my so lekker om my stempel te kan afdruk in my musiek”, sê SHARONEY.

Alhoewel 21 VIR EWIG ’n sorgvrye tema en ’n moderne aanslag het, getuig dit ook van hoeveel SHARONEY en haar musiek oor die jare gegroei het sedert sy die musiekwêreld amptelik in 2014 betree het met haar eerste enkelsnit, Een Keer. Dit is verseker die perfekte lusmaker van die nuwe en opwindende rigting waarin haar loopbaan beweeg.

Gaan besoek SHARONEY se Facebook-blad om meer uit te vind oor wat jy moet doen om in te skryf https://www.facebook.com/www.sharoney.co.za/

Heruitsendings van ONTBYTSAKE is op Dinsdag & Donderdag 18 &  20 Augustus 2020 tussen 13h00 en 14h30 op kykNET, Kanaal 144.  Dan word dié gesogte TV-ontbytprogram wéér herhaal op kykNET & Kie, Kanaal 145 op Dinsdag & Donderdag, 18 & 20 Augustus tussen 11h30 en 13h00.

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook
Twitter
Instagram

Webblad: www.sharoney.co.za