2022 SE #NetMATRIEKS-BOOTREIS GAAN EEN VIR DIE BOEKE WEES

2022 SE #NetMATRIEKS-BOOTREIS GAAN EEN VIR DIE BOEKE WEES

Die 2022 #NetMATRIEKS-bootreis wat vanaf 5 tot 9 Desember 2022 plaasvind, aan boord van die luukse MSC Orchestra, het reeds ’n witwarm lys van jong en opwindende kunstenaars en bekendes soos Timo ODV, Early B, Katinka, Brendan Peyper en Marciel Hopkins wat vir fantastiese vermaak en laataand kuiers gaan sorg. 

Maar om dinge nog méér opwindend te maak, is daar pas aangekondig dat die gewilde duo, Droomsindroom, én die populêre TikTok-ster, Chané Grobler, nou ook op die skip gaan klim en vir groot aksie en pret sal sorg!

“Matrieks gaan die boot deel met Suid-Afrika se aansteeklikste sindroom. Maak reg vir ’n groot optrede deur Droomsindroom op die #netMATRIEKS bootvaart. Ons bring nuwe musiek, rock and roll en natuurlik sonneblom-vibes, onder die Afrika son. Ons beplan een van die malste shows van ons lewens,” sê die broers wat bekendheid verwerf het met hulle treffer Hey Sonneblom oor die geleentheid om saam met die klas van 2022 te gaan uitspan.

Chané, wat met meer as 2,5 miljoen volgelinge op TikTok spog, is net so opgewonde om deel te wees van die opwinding. Ek is so bevoorreg en opgewonde om deel te kan wees van dié awesome trippie! Ek het juis nie te lank terug nie vir my kêrel gesê ons moet ʼn plan maak om op die boot te gaan en kyk dan net nou! Ons wens dit was alreeds Desember! Dit gaan ongelooflike pret wees. Ek gaan myself vergryp aan al die lekker kos en ek kan nie wag om met al die matrieks te mingle nie!”

#NetMATRIEKS-bootreis is ’n jaarlikse instelling waar graad 12’s die geleentheid kry om in ’n veilige omgewing, saam met matrieks van regoor die land, hulle skoolloopbaan op ’n luukse en luilekker hoogtepunt af te sluit.

Wees eerlik, jy het jou hele skoolloopbaan uitgesien na jou eerste vakansie as volwassenes en dit móét ’n onvergeetlike ervaring wees. Hierdie heerlike wegbreek bied turkoois swembaddens, liplekker-etes (soveel as wat jy kan eet), luukse verblyf, ʼn eilanduitstappie na Pomene en opwindende vermaak teen ’n bekostigbare prys.

Aan boord is daar iets vir almal om te doen, regdeur die dag of nag – van minigholf, tennis, basketbal, vlugbal, virtuele speletjies en shuffleboard, tot ’n gimnasium, stap-baan, gesondheidspa en belastingvrye winkels, wat alles van parfuum en sjokolade tot horlosies en handsakke verkoop.

Jy kan ook net heerlik op ’n sonbed lê en ontspan en saam met vriende kuier en swem, terwyl die musiek nooit ophou nie. Die lekkerste is natuurlik dat jy jou vakansie kan inrig soos jy wil en dat jy kan doen waarvoor JY lus is!

Vanaf SLEGS R7 266 per persoon wat deel, kan jy ook nog deel wees van hierdie eens in ’n leeftyd ervaring. Kajuit, etes, vermaak, vertonings, danspartytjies, teatervertonings en die besoek aan Pomene is alles ingesluit in die prys.

Hoewel jou ouers nie alles in jou lewe kan beheer nie en jou nie teen alles kan beskerm nie, bied die #NetMATRIEKS-bootreis tog vir hulle so ’n bietjie meer gemoedsrus. Daar is baie oë en ore op die skip en die personeel van MSC doen alles in hulle vermoë om die passasiers ten alle tye veilig te hou. Boonop kan jy en jou maats nie onder die invloed van alkohol agter ʼn motor se stuurwiel inklim nie.

Maak seker jy mis nie die skip nie, want hy raak nou vinnig vol!

Besprekings kan direk by MSC by 087 630 0333 of 011 844 6073 / www.msccruises.co.za/cruise-deals/theme-cruises/net-matrieks-bootreis gedoen word en onthou om te sê jy bespreek vir die #NetMATRIEKS-bootreis.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook, Instagram

Webwerf: https://www.msccruises.co.za/cruise-deals/theme-cruises/net-matrieks-bootreis