fbpx
Kitsfeite – FRANCOIS BOYCE

Kitsfeite – FRANCOIS BOYCE

Francois Boyce reik op 23 September sy nuwe enkelsnit, MEISIE VAN FRASERBURG, uit.

Intussen het ons saam met hom gekuier om meer uit te vind van die persoon agter die musiek en die dinge wat hom opgewonde maak. Hier is die Kitsfeite met Francois Boyce.

Wie is Francois Boyce?

Die beste vraag wat iemand my nog gevra het. Opgesom… Die ou mense het baie hierdie gesegde gebruik – “jack of all trades – master of none” – ek dink ek is bietjie so. (grappie)

Ek is 31 jaar oud, getroud met die mooiste vrou op hierdie aarde.

Ek speel al klavier sedert ek 5 jaar oud is. Ek sing professioneel van graad 10 af. Ek is tans ‘n pastoor, klavieronderwyser, musikant, komediant en ‘n “Social Media Influencer” op die platform “Hoezit Samelewing” – “influencer” klink wel vir my soos ‘n siekte wat iewers uitgebreek het…

Wat is jou gunsteling kos?

Ek VREK oor ‘n lekker stukkie “chicken schnitzel” of ribs wat van die been af val. Maar sit my op ‘n eiland en ek kan net 1 ding eet vir die res van my lewe – ek is MEER as gelukkig met ‘n “Peanut Butter & Stroop” broodjie.

Waar is jy gebore?

Ek is gebore in ‘n baie klein dorp daar in die Noord-Kaap met die naam Jan Kempdorp. Moet asb. glad nie sleg voel as jy nog NOOIT daarvan gehoor het nie. Maak wel net seker as die Here ons weer kom haal dat een van die engele weet daar is nog mense daar.

Ek is op hierdie dorp gebore, en het laerskool  regdeur tot graad 12 klaargemaak in Hoërskool Vaalharts.

Van wanneer beoefen jy musiek?

Ek speel al klavier vanaf 5 jarige ouderdom. Ek het eers laat in my laerskooljare begin met opleiding. Ek het altyd net op gehoor gespeel.
Regdeur laerskool het ek koor gesing en van vroeg af geweet ek kan ten minste die noot hou. In hoërskool neem ek aan ‘n talentaand deel en my ouers skryf my toe die volgende dag by ‘n sangskool in.

Vanaf graad 10 sing ek orals waar iemand na my sang wil luister.

Wat is jou gunsteling aanhaling?

“People will forget what you said, people will forget what you did, but people will never forget how you make them feel” – Maya Angelou.

Wat is jou gunsteling boek/film?

Ek is gebore – “mova-holic”.

Van my gunsteling flims is:

  • Avatar
  • Hacksaw Ridge
  • Lord of the Rings 1,2,3
  • The Hobbit 1,2,3

Wie/wat inspireer jou?

Daar is so baie, maar kom ons som dit op:

Enige persoon wat in ‘n vertrek kan instap en dit ‘n verbeter as hoe hy/sy dit gekry het. Ek praat nou nie van opknappings en netheid nie. Maar die gemoed en gevoelens van die mense wat saam met hom/haar in daardie vertrek is.

Veelsydige mense.

Iemand wat baie meer lae het as mens – hoe meer en beter jy hom/haar leer ken en hoe langer jy met hulle tyd spandeer.

Daar is niks vir my meer interessant en inspirerend as iemand wat kan aanpas by enige situasie, omstandighede of mense nie.

Hierdie tel nou vir musikante, akteurs en enige wese wat op hierdie aarde al geloop het en nog gaan. Dit inspireer my.

Watter musiek luister jy graag?

Ek wil nou ‘n simpel antwoord gee soos – alle musiek, maar kom ek verduidelik. My musiek smaak hang baie van my gevoel vir die dag af.

Dit kan gaan van klassieke musiek tot ‘n lekker Katie Melua op ‘n donker dag.

Maar tydlose musiek sal altyd vir my die 80’s & 70’s wees, bv. Meatloaf – iemand wat stories en karakters kon lewe gee deur musiek, Queen, ABBA en Cliff Richard

Hoe bly jy positief?

Geen mens weet nie…

My antwoord is eenvoudig. Ek het besef dat ware geluk kom van “binne my” af en nie van mense, dinge en goed om my nie.

Die grootste fout van my lewe was om my geluk te bou op my besittings, die wêreld om my en ander mense. In my het die Here meer as genoeg gegee om waarlik gelukkig te wees.

Ek dink ook ‘n bydraende faktor is die vermoë om humor deel van my lewe te kon maak. As jy kan lag oor ‘n ding, raak alles baie meer draagbaar.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram, TikTok

Facebook, Instagram, YouTube, TikTok
Webblad: https://www.hoezitsamelewing.co.za/