fbpx
Inskrywings vir Afri-Indie 2023 is nou oop!

Inskrywings vir Afri-Indie 2023 is nou oop!

Die SA Onafhanklike Kunstenaar Musiektoekennings, beter bekend as die Afri-Indie Musiektoekennings se inskrywings vir 2023 is oop.

Rea le Roux, organiseerder van die geleentheid, sê Afri-Indie is opgewonde om aan te kondig dat daar in 2023 die Nasionale Musiektoekennings asook ‘n kontant prys ter waarde van R20 000 wat toegeken sal word aan die beste musiekvideo of album. 

Die 5-ster gala-aande is bekend daarvoor dat die rooi tapyt gevul sal wees met bekendes en ander Suid-Afrikaanse supersterre. Die gala-aand vir 2023 sal op 4 April om 18:00 plaasvind by die 5 ster Colloseum Reale in Pretoria.

Die publiek en die kunstenaars kan uitsien na ‘n rooitapytaand wat beloof om glansryk en emosiebelaaid te wees.

‘Van ons kunstenaars werk reeds langer as 25 en self 40 jaar in die bedryf en om dan vereer te word met ‘n nasionale erkenning van die aard sit weer die vuur in hul vlam’, sê le Roux. Die aand bestaan uit trane, lag en honderde honderde selfies saam met talle bekendes.

Le Roux sê as gevolg van ‘n totaal onafhanklike posisie van die toekennings in die Suid-Afrikaanse mark is daar vele media van verskeie platforms teenwoordig om die aand by te woon en onderhoude te voer.

Kunstenaars wie platemaatskappye gebruik om hul werke te versprei word ook as onafhanklik beskou en mag dus hul werke inskryf.

Kunstenaars kan aanlyn inskryf by www.afri-indie.co.za. Die sluitingsdatum is 3 Januarie 2023.

Le Roux sê te danke aan hulle tegnologie vennoot Bigtoe Creatives kan kunstenaars vanjaar aanlyn inskryf. 

‘Daar is geen forms meer nodig nie! Al wat jy hoef te doen is om te klik op die kategorieë van jou keuse. Betalings kan aanlyn gemaak word en is privaat en veilige. En voila!’. 

Le Roux verduidelik dat hul reeds vroeg begin met advertering om bewustheid van die geleentheid te bevorder. Dit help ook kunstenaars om hul opkomende werke so te beplan dat dit intyds uitgereik word.

Enige navrae kan via die webwerf gestuur word by www.afri-indie.co.za

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram