Cordelia – ANKER

Cordelia – ANKER

Cordelia trap al sedert 2015 diep spore in die plaaslike musiekbedryf en nou is sy terug in die kollig met ’n splinternuwe enkelsnit waarmee sy hoop wil bring vir diegene wat geliefdes verloor het.

ANKER, ’n kommersiële popsnit uit die pen van Rudi Claase, is vir almal wat hulle anker of iemand spesiaal verloor het en die sangeres hoop dat dit met harte sal praat.

“Ek wil graag liedjies sing wat ’n verskil maak. ANKER is vir my baie spesiaal en reflekteer wat ek graag vir mense wil sê in die moeilike tye waarin ons onsself tans bevind,” verduidelik die 36-jarige Pretorianer oor hoekom die lied vir haar so spesiaal is. “Ek dra dit op aan almal wat na aan my was en wat ek aan die dood moes afstaan.”

’n Musiekvideo van dié besonderse snit, wat deur Murray Lubbe vervaardig is, is ook nou beskikbaar. Dit is op die strand verfilm deur Quintessential Photo and Video Worx. “Ek wou nie ’n storiekonsep verfilm nie, maar eerder my hart uitsing terwyl ek op die strand loop. Rudi Claase het diep gaan delf met die woorde en dit met die mooiste melodie saamgevat om die boodskap oor te dra en dis wat ek wou weergee,” sê sy.

ANKER is dié sangeres se derde Afrikaanse enkelsnit en volg in die voetspore van haar groot treffer, Mal in jou kop, waarvan sy ook onlangs ’n dansweergawe uitgereik het. Hierdie liedjie, asook

Cordelia is in Edenvale gebore en op die ouderdom van ses maande aangeneem. Sy is deur haar anneem-ouers in Fochville grootgemaak en het in 2003 as Hoofdogter aan die Hoërskool Carletonville gematrikuleer.

Met die uitreiking van haar debuutalbum, Breek die Stilte, het sygroot opslae in die Afrikaanse musiekbedryf gemaak. Sy is ook in 2016 benoem vir ’n Huisgenoot Tempo-toekenning vir Pop Album van die Jaar, asook vir Maroela Media se Album van die Jaar.

Die sangeres was self verantwoordelik vir die skryf en opname van die temalied vir die fliek Hartsbegeertes, wat gedurende 2015 as Beste Geestelike Fliek aangewys is, het die liedjie Petrol en Vuur – geskryf deur Vicky Anne Serfontein – vir die kykNET Afri-Visie Skryfkompetisie opgeneem en gesing en is genomineer vir FINESSE Voelgoed Doengoed Vrou 2015, waar sy saam met 10 ander vroue vereer is vir die goeie werk wat hulle in hul gemeenskappe doen. Sy was ook te sien in die kykNET-reeks, Sterlopers, en die fliek Gebore Talente.

Omdat sy ’n groot hart vir mense en diere het, put sy baie inspirasie vir haar musiek uit ander mense se verhale en erken sy dat sy baie lief is vir country-musiek omdat sy uit ’n huis uit kom waar Jim Reeves ’n gunsteling was. Sy het ook groot bewondering vir kunstenaars soos Mathys Roets.

“My liefde vir musiek kom verseker van my Pa, Louis, af wat self baie lief was vir kitaar speel en sing. Ongelukkig is hy oorlede in ’n tref-en-trap-ongeluk toe ek nog op skool was. Dit was en is nog ’n groot uitdaging, maar ek glo dat my verhaal se grondslag vergifnis is en om net in liefde te leef,” deel sy.

Tans is hierdie mamma van ’n vyfjarige seuntjie besig om troue te beplan en Vrouwees is ’n fees– en Ma-en-dogter-glansfunksies aan te bied. Sy beplan ook om soveel as moontlik op te tree in die nuwe jaar. 

Cordelia glo vas dat die vermoë het om die siel heel te maak en die hart te raak waar mense nie kan nie en dit is presies wat sy ook wou bereik met haar nuutste vrystelling.

“Die jaar is amper op die einde, maar ek sal graag in die jaar vir mense wat my nodig het ’n anker wees,” sluit sy af.

ANKER is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Laai dit hier af: https://orcd.co/2bnv2zg

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook, Instagram, Twitter, YouTube

Webwerf: www.cordelia.co.za