Adam Kethro – PLEASURES OF THE HARBOUR

Adam Kethro – PLEASURES OF THE HARBOUR

Adam Kethro, die gevierde Suid-Afrikaanse logistieke kenner en besigheidsmagnaat se debuut-roman, PLEASURES OF THE HARBOUR, speel af aan die einde van die twintigste eeu in ’n sanksie-geteisterde Suid-Afrika en Adam Askew moet ’n hele paar skelm besigheidsvennote, bedenklike transaksies en liefdesteleurstellings oorleef om uiteindelik sy doelwitte te bereik en te kan sê hy het dit “gemaak”.

Met dié hoogs vermaaklike en opwindende roman maak Adam Kethro sy debuut as skrywer op die ouderdom van 66.  Hierdie gedramatiseerde biografie vertel die storie van ’n jong man se deursettingsvermoë om sy drome en doelwitte te bereik. Daar is baie onderduimse onderhandelinge en transaksies, soos wat die hoofkarakters die hooggetye van die see en agterstrate van die land moet trotseer, terwyl hy dit ook regkry om in dié proses ’n paar raadsaaldeure en slaapkamerdeure oop te maak. 

Lesers word ingetrek in ’n wêreld van ambisie, gierigheid, sabotasie, omkopery, korrupsie en wraak in hierdie moet-lees-boek waarvan die titel geïnspireer is deur Phil Ochs se album.

Kethro het die boek, wat ’n mengsel van avontuur en aksie is, eers op die ouderdom van 61 met een vinger op sy skootrekenaar begin skryf. 

Met geen formele naskoolse opleiding nie, het hy in 1980 sy eie vragmaatskappy, Bridge Shipping, begin. Hier het hy 25 jaar spandeer om die besigheid te groei tot die grootste vragmaatskappy in die land.

Onder Adam se leierskap, het dit gegroei en uitgebrei tot een van die grootste vervoermaatskappye in Suider-Afrika, met meer as 750 werknemers toe hy in 2005 uitgetree het as uitvoerende voorsitter. Op daardie tydstip het hy 45 miljoenêrs agtergelaat, waarvan baie steeds by die maatskappy werk.

“Ek het die eerste keer geweet ek gaan eendag ’n roman skryf toe my opstelle in standerd agt in ons skool se tydskrif gepubliseer is. PLEASURES OF THE HARBOUR strek oor ’n deurmekaar tydperk van sanksies en oplossings. Hopelik inspireer dit jong mense om te skep in die 21ste eeu”, sê Kethro.

Sy raad aan ander entrepreneurs is eenvoudig: “Daar is duisende dinge wat in jou pad kan staan om ’n nuwe besigheid te begin. Wanneer jy jonk is sukkel jy maar met kredietwaardigheid, maar die lewe is baie minder gekompliseerd as jy jonk is. Wanneer jy eers ’n vrou, twee kinders en ’n kar het om te betaal, gaan dit baie moeiliker wees om ’n entrepreneur te word. Moenie te hard fokus op jou teikenmark nie en tonnelvisie kan tot jou jou voordeel ook wees.”

Kort sinopsis:

Adam Askew is ’n jong man wat haastig is om te kry wat hy wil hê en om finansieel onafhanklik te wees. Toegerus met baie moed, deursettingsvermoë en selfversekerdheid, begin hy ’n verskepingsmaatskappy met die doel om die wêreld, een vrag op ’n slag, te verower.

Wanneer hy moeg raak vir Durban, neem hy ’n waaghalsige risiko – die grootste van sy lewe – wat hom kan maak of breek. Hy verruil die see vir Johannesburg se stadsliggies en voordat hy sy oë kan uitvee eet hy by die beste restaurante, drink hy die duurste vonkelwyn in Londen en maak hy baie vyande op pad boontoe.

PLEASURES OF THE HARBOUR word uitgegee deur Tracey McDonald Publishers en is vanaf vandag,  1 September 2022, in alle goeie boekwinkels en aanlyn beskikbaar. Kry dit hier:

https://www.loot.co.za/product/pleasures-of-the-harbour/kdtr-7713-g700

Die Kindle e-boek is beskikbaar op Amazon.  Koop dit hier: https://amzn.to/3A2ntrx

OOR DIE SKRYWER

Adam Kethro is in 1956 in Eshowe, KwaZulu-Natal, gebore. Hier het hy laerskool aan St. Helena Primary voltooi, waarna hy in 1973 by Durban Boys High School matrikuleer het. Hy het egter besluit om sy matriekjaar in 1974 te herhaal deur Damelin College. Na sy militêre diensplig, het Adam met behulp van ’n familiekennis ’n pos by ’n logistieke maatskappy losgeslaan.

Deesdae is hy semi-afgetree en woon hy saam met sy vrou in Kaapstad, maar besit steeds vier diverse besighede, insluitend ’n oorbruggingsfinansierings- en rekenaarmaatskappy, ’n vragbergingsonderneming en ’n perde-opleidingsplaas in die KwaZulu-Natal Middelland, waarby hy aktief betrokke is.

Dié immergroen entrepreneur beoog om die helfte van sy tyd te spandeer deur te reis en die ander helfte om sy stokperdjies te beoefen, wat insluit om musiek, kuns, boeke en oorlogaandenkings te versamel.

Adam se leuse – ons is elkeen verantwoordelik vir ons eie lewenskwaliteit – is woorde waarvolgens hy sy hele lewe geleef het.

Hierdie inspirerende en dinamiese skrywer is reeds besig met sy volgende twee boeke wat handel oor sy grootwordjare en mislukking as ’n boer.  Daar is nog baie wonderlike leesstof wat uit Adam Kethro se pen gaan vloei.

VOLG HOM OP:

LinkedIn