Afri-Indies 2023 – Hier is die wenners

Afri-Indies 2023 – Hier is die wenners

Die 3de Afri-Indie Musiektoekennings is op 4 April 2023 gehou by die bekende Colosseum Reale in Pretoria. Die glansgeleentheid is bygewoon deur talle kunstenaars uit verskillende oorde van die musiekbedryf. Rea le Roux (organiseerder) en Greunen Parker het die seremonie gelei.

Van die bekendes wat weggestap het met pryse sluit in: Prime Cirlce, Jak de Priester, Nadine, Amor Vittone, Ray Dylan, Sorina Erasmus (die Flooze), Irene-Louise van Wyk, Carike Keuzenkamp, Wonderboom, Lianie May en Patricia Lewis.

Rea verduidelik dat Afri-Indie Musiektoekennings daarop gemik is om die onafhanklike kunste te bevorder in Suid-Afrika.

‘n Toekenning is ook oorhandig aan Peach van Pletzen vir die klankbaan vervaardiging op die Netflix-reeks LUDIK.

Rayne, Lianie May en Dirk van der Westhuizen het as gaskunstenaars opgetree.

Hier is ‘n lys van die wenners:

Beste nuweling-enkelsnit
AJ de Vos

Beste nuwe manlike liedjieskrywer
Leon-Ben Lamprecht

Beste nuwe liedjieskrywer met ’n gestremdheid
Dawid Nel

Beste nuwe duo
RNK

Beste nuwe rockgroep
Pilgrim South

Beste nuwe pop-enkelsnit en beste algehele nuweling
Renaldo Alberts

Beste medewerkende enkelsnit en beste algehele popalbum
SEWENDE HEMEL (Rita Li in samewerking met Dewald Wasserfall)

Beste tradisionele enkelsnit
VOETSTAMP (Voetstamp)

Beste duo-enkelsnit (vroulik) en beste duo-musiekvideo
VROUWEES ELEMENTE Sharoney en Carma (Geskryf as klingeldeuntjie vir SterStatus)

Beste manlike duo-enkelsnit
GnT

Beste enkelsnit deur ’n nuwe vroulike kunstenaar
Richelle Grant

Beste gospel-enkelsnit (vroulik)
Richelle Grant en Candy Benson

Beste volwasse kontemporêre gospel-enkelsnit
Riempies en Johan Anker

Beste enkelsnit deur ’n gospelkoor
Zululand-gospelkoor

Beste southern rock-enkelsnit deur ’n manlike kunstenaar
Leon Cremer

Beste southern rock-enkelsnit deur ’n vroulike kunstenaar
Lu-Anel

Beste algehele kunstenaar in die kinderkategorie
Lu-Anel

Beste kletsrym-enkelsnit
Adek

Beste instrumentele album (kitaar) en beste instrumentele enkelsnit (kitaar)
The Traveller

Beste klassieke enkelsnit (vroulik)
Venetia Rose

Beste klassieke enkelsnit (manlik)
Matt Stern

Beste kindermusiekvideo en beste kinderenkelsnit
“Bee bee die by” (Jeanette Pretorius)

Beste regstreekse uitvoerder (manlike solo) en beste dansenkelsnit (manlik)
Rayne

Beste dansenkelsnit (vroulik)
Zandri Botha

Beste dans- en beste gospel-enkelsnit deur ’n duo
Jacques & Liezel

Beste rock-enkelsnit
Jolanda Becker

Beste alternatiewe enkelsnit deur ’n manlike kunstenaar
Miloh Ramai

Beste alternatiewe enkelsnit deur ’n vroulike kunstenaar
Rainy

Beste Afro-pop-enkelsnit
Noa Milan

Beste R&B-enkelsnit
Teems

Beste volwasse kontemporêre enkelsnit (manlik) en beste artistieke musiekvideo
C-Storm

Beste nuwe skrywer (vroulik) en beste volwasse kontemporêre enkelsnit (vroulik)
Simoné Roets

Beste musiekvideo (komedie) en beste enkelsnit (komedie)
Bigben Parody

Beste pop-enkelsnit (manlik)
Jaycee Crause

Beste pop-enkelsnit (tradisioneel)
Thys die Bosveldklong

Beste manlike enkelsnit
Leroi (geskryf deur Michael de Lange)

Beste algehele enkelsnit (vroulik)
Soné Joubert

Beste algehele enkelsnit (manlik)
M.O.U.

Beste kunstenaar met ’n gestremdheid
Sarel van der Westhuizen

Beste stem (manlik)
Frikkie van Biljon

Beste stem (vroulik)
Zahn

Beste tradisionele album (boeremusiek)
Kevin Olckers

Beste instrumentele album (tradisioneel)
Vatvas

Beste instrumentele album (boeremusiek)
Henke Vorster

Hoogste eer vir instrumentale musiek
Strings on Fire

Beste duo-album
Who’s Who

Beste dansalbum
TIZEL

Beste heavy metal-album
Slave New World

Beste harde-rock-album
Triz

Beste rockalbum
Mona-Lee

Beste southern rock-album en beste vroulike album
Cheralee

Beste volwasse kontemporêre album
Daniel Hoffmann

Beste musiekvervaardiger in Afrikaans (kontemporêr en pop)
Jattie de Beer

Beste musiekvervaardiger in Afrikaans (dans)
Ferdinand Skead

Beste instrumentele album en beste musiekvervaardiger (Engels)
Michael Naranjo

Beste liedjieskrywer in Afrikaans
Nico van Vuuren

Beste southern rock-optrede en beste liedjieskrywer (Engels)
Pieter Rischmuller

Beste solo-optrede (vroulik)
Elme Churr

Beste regstreekse optrede (marimba)
Royal Vibrationz

Beste algehele regstreekse optrede
Drommedaris Drum Duo

Beste volwasse kontemporêre solo-optrede en beste pop-enkelsnit
Jennifer Zamudio

Beste agent of bestuurder
Rindi Maritz

Beste manlike musiekregisseur
Rudi Claase

Beste regstreekse komiese optrede
Sorina Erasmus (die Flooze)

Beste vroulike enkelsnit en meeste treffers uitgereik deur ’n vroulike kunstenaars
Lianie May

People’s Choice-prys (manlik)
Dirk van der Westhuizen

People’s Choice-prys (vroulik)
Irene-Louise van Wyk

Hoogste prys vir southern rock
Ray Dylan

Beste algehele manlike kunstenaar
Jak de Priester

Beste algehele vroulike kunstenaar
Nádine

Beste choreograaf en prestasie vir meer as 25 jaar in die bedryf
Amor Vittone

Prestasie vir meer as 25 jaar in die bedryf
WONDERboom

Prys vir 30 jaar-bydrae
Ian Bossert

Beste alternatiewe musiekvideo en beste regstreekse rock-optrede
SAARKIE

Beste regstreekse rockgroep
Springbok Nude Girls

Beste klankbaan vir ’n televisieproduksie
Peach van Pletzen (Ludik)

Beste vervaardiger van ’n televisiereeks
Paul Buys (Ludik)

Beste klank- en beligtingmaatskappy
Xtreme Promotions

Beste musiekvideovervaardiger
Leon Barnard

Beste regstreekse konsertlokaal
Cow & Bull

Rock royalty-prys
Prime Circle

Die SA groep wat al die langste bestaan
The Staccatos

Rayne se musiekvideo, SKADUWEE, het die kontantprys van R 20 000 gewen. Die prys is geborg deur MitMak Motors.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram