fbpx
Stephan Visage het kom kuier.

Stephan Visage het kom kuier.

Stephan Visagie reik binnekort sy nuwe enkelsnit VERGEET MY HIER uit. Ons het met hom vinnig gesels oor die lied en ‘n paar ander dinge om hom as mens en kunstenaar beter te leer ken.

Vertel ons lesers kortliks wie is jy?
Ek is Stephan Visagie, gebore in Lichtenburg, tans woonagtig in Pretoria en ek is ‘n sanger en liedjieskrywer.

Hoe het jy in die musiekbedryf begin?
My paaie het gekruis met Chris Coetzer. Ek het vir n paar maande by hom sangopleiding ontvang en hy het my aan Christa Steyn voorgestel. My debuutalbum is vrygestel in minder as ‘n jaar na my eerste ontmoeting met hulle.

Wat geniet jy die meeste van wat jy doen?
Die heel beste is dat ek dele van my land sien en mense ontmoet wat ek nooit sou kon doen as dit nie vir my loopbaan was nie.
 
Wat doen jy behalwe musiek?
Ek skilder en doen ook fotografie.

Vertel my van jou nuutse enkelsnit?
Ek het Henri Alant al meer as ‘n jaar terug belowe ek sal ‘n liedjie skryf wat ons saam kan opneem. VERGEET MY HIER gaan oor die bosveld en die rus wat mens altyd daar kan kry. Ek kom altyd met nuwe inspirasie terug van die bosse af. Hierdie enkelsnit het ontstaan as gevolg van my laaste besoek aan die Kruger Wildtuin.

Skryf jy self jou liedjies?
Ek skryf 95% van my oorspronklike liedjies self.

Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?
My liedjie FALLING AGAIN. Elke persoon wat die liedjie luister maak hul eie afleiding oor waaroor die liedjie gaan. Dis steeds my gunsteling.

Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing?
Oor die algemeen Engels, maar daar is altyd uitsonderings.

Wat is jou gunsteling Musiek genre?
My musieksmaak strek wyd. Van die musiek van die tagtigs en popmusiek tot by rock, klasiek en bietjie blues. Ek sukkel basies net met jazz.

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Ek is verslaaf aan koffie.

Wat inspireer jou?
Die bosveld, goeie mense, mooi goed. Wanneer goeie goed met goeie mense gebeur. “When the underdog triumphs”.

As jy saam met enigiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?
Eerlikwaar is daar groot talent in ons eie land so mens hoef nie vêr te soek nie. Op eie bodem is my nuwe gunsteling Soné en oorsee Rod Stewart.

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?
Ek sal graag weer binnekort ‘n oorspronklike album wil uitbring. Ek het drie country-albums agter die rug so ek dink dis nou tyd. Vir die toekom, die laaste 3-jaar het my geleer om nie planne te maak nie. Ek gee my beste en kyk waar ek uitkom.

Watter raad sal jy gee aan iemand wat pas in jou industrie begin het?
Elke sanger het seker sy eie goue reël. Myne is om net aan te hou. Vat ‘n breek en rus as jy moeg is, maar moenie moed opgee nie. Jy gaan vir lank gratis optree. Ek dink die industrie gaan oor “klein wenne” en nié oor een groot oorwinning nie.

Wat is die onvergeetlikste/snaaksste voorval wat jy al in jou besigheid beleef het?
Ek is nog elke keer opgewonde as ek op ‘n nuwe plek of land kan gaan optree. Dit bly onvergeetlik.

Wat is op jou emmerskoplys?
Ek wil graag nog Europa deurkruis en vir vriende in Australië gaan kuier.

Wanneer verjaar jy?
9 Oktober

Wat is jou gunsteling:
Musiek
80’s
Sangers
Rod Stewart, Bryan Adams en Neil Diamond.
Band
Bon Jovi, Pulp, Aerosmith en Def Leppard.
Gunsteling liedjie
Te veel, maar dalk Nothing compares to you
Rolprent
Captain Phillips
Akteurs
James Spader en Sandra Bullock
Reeks
Ballade vir n enkeling
Kos en drankie
Enige rooivleis en koffie.
Ontspanning
YouTube
Boek
Enigiets van Dan Brown
Vakansie bestemming
Kruger Wildtuin
Kleur
Donker oranje

Waarvan hou jy niks?
Oneerlike en windgat mense.
Kinders en diere wat mishandel word.
Basies enige groente en vrugte.
Die regering.

Waar kan mense jou in die hande kry en volg?
Ek is steeds die meeste op Facebook.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram