fbpx
AJ – ’n Kunstenaar gebore vir die internasionale mark

AJ – ’n Kunstenaar gebore vir die internasionale mark

Die talentvolle AJ, beter bekend as Armand Joubert, het nog altyd gedroom daarvan om ’n beroemde sanger te word. Die boorling uit Witbank se wêreld is ’n trotse onafhanklike kunstenaar, ’n sanger en skrywer wat sy pad in die musiekbedryf oopkap.

AJ het bekendheid verwerf met sy deelname aan the Voice in 2017 waar hy sterk kompetisie gebied het en gewys het dat sy stem een is om mee rekening te hou.  Sy vertolking van Into you het gou die stoele van Karen Zoid, Lira, Bobby en Kahn laat draai.

AJ is tans besig om aan sy debuutalbum te werk na die vrystelling van sy laaste enkelsnit, Falling (feat. Evida) wat op 7 Mei 2019 bekendgestel is.

https://open.spotify.com/artist/5KnlL16gAV2FJVBZgT04Tu?si=sXISpk5qQayZeFejY4JPSA

Hy beskryf sy musiekgenre as Popmusiek met ’n vars goedvoel aanslag wat heeltemal anders is as die gewone. Van sy grootste rolmodelle is Britney Spears, Billie Eilish, Michael Jackson, Jessie J en Mariah Carey.

2019 was ’n besige jaar vir AJ. Nie net wen hy die SACOPA toekenning Grand Champion Award in die vokale kategorie nie, maar hy is laasweek gekroon as Manlike Kunstenaar van die Jaar vir die 011 Awards 2019.  AJ sal ook Suid-Afrika verteenwoordig by WCOPA.

AJ – SACOPA
Grand Champion Award

AJ – Manlike kunstenaar van die jaar
(011 Awards 2019)

AJ werk hard aan sy musiekloopbaan en as hy nie besig is met oefensessies, optredes of opnames nie, bring AJ graag tyd saam met sy familie en vriende deur.

Ek wou vandat ek 9 jaar oud was al in die musiekbedryf wees,” se AJ wat ook die klavier, kitaar en mandolien kan bespeel. En as hy nie nou reeds in die musiekbedryf was nie, sou hy vir seker iemand gewees het wat probeer het om in die musiekbedryf te kom.

AJ – Falling ft. Evida

Sy raad aan opkomende kunsternaars is om altyd hulself te wees en nie kompromieë aan te gaan vir enigeen nie. “Sing wat jy wil sing. Maak die musiek wat jy wil maak, die wereld sal eindelik opvang.” Ons glo negejarige AJ sou vandag besonder trots gewees het!

AJ se musiek speel reeds op radiostasies landswyd en hy spog reeds met twee nommer 1-posisies op JacarandaFM en 5FM.

Vind AJ se musiek op alle groot musiekplatforms wêreldwyd.

Sosiale Media:

Facebook, Instagram en Twitter

Beprekings deur Marouise Schoeman: [email protected]

Webtuiste: http://armandjoubert.com

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui