fbpx
Afrikaanse duo, Skemer, stel eerste enkelsnit vry.

Afrikaanse duo, Skemer, stel eerste enkelsnit vry.

Die Duo SKEMER het pas hul eersteenkelsnit “Sê dit Harder” bekend gestel wat verseker Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers in rep en roer gaan hê.

Skemer – Sê dit harder

“Sê dit harder” is geskryf deur Johan Oberholzer en moedig die luisteraar aan om nie met opgekropte gevoelens te worstel nie.

“Die snit gaan daaroor om jou emosies te openbaar. Om vir almal te vertel hoe jy regtig voel. Dikwels is jy te skaam om iemand in te lig dat jy van hulle hou, maar dit gaan nie net daaroor om dit te sê nie, jy moet dit ook wys. Ons wou mense dus uitdaag om dit ‘harder te sê’,” vertel die musiekpaar oor hierdie goedvoel-liedjie

Armand en Andrea Espach het in 2017 besluit om hul musiektalent en liefde vir musiek, veral Country, te kombineer en ‘n duo het ontstaan. Die talentvolle paartjie het mekaar op Facebook ontmoet en soos hulle se, the rest is history. 

https://open.spotify.com/track/5YvJrR0M3fLa2i18nBWtGC?si=7EzqaTigRViwsZjl4U6F-g

Armand Espach het eers sy passie vir musiek op die ouderdom van een-en-twintig ontdek en besluit dat hy graag in Country wou spesialiseer.

Andrea Espach is die vrou met die strelende stem wat op 14-jarige ouderdom reeds begin sing het.  Buiten haar ongelooflike sangtalent, is sy ook `n fenominale danser.

Die unieke naam SKEMER was geinspireer deur ‘n naambordjie wat hulle langs die pad raak gesien het op pad terug van die studio af. Die feit dat skemer ook vir hulle ‘n pragtige tyd van die dag is, het die naam beklink.

SKEMER beskryf hul musiek as Afrikaanse Country / Pop wat selfs die covers wat hulle sing ‘n Country klank gee en is opvallend in hul eerste enkelsnit. 

Die duo bestee al hul ekstra tyd aan hul musiek en probeer dit elke dag bevorder so ver hulle kan. Armand speel kitaar en Andrea leer die Ukelele bemeester.

SKEMER het al selfs een van Prime Circle se vertonings geopen en bekoor gehore waar hulle gaan.

Hulle raad aan nuwe kunstenaars is om soveel moontlik op te tree waar daar ‘n geleentheid is sodat jou musiek en naam op almal se lippe is. Mense. Hulle voeg ook daad by die word, want die duo tree gereeld op by verskeie funksies, feeste en skole.

Sosiale Media:

Facebook, Instagram & Twitter

http://www.skemergroep.co.za

BESPREKINGS:

E-pos: [email protected]

PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: [email protected]
Webblad: www.starburstmusic.co.za

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui