fbpx
Tweespoor met Richard van der Westhuizen en Steffie le Roux.

Tweespoor met Richard van der Westhuizen en Steffie le Roux.

Wat gebeur as jy twee persone, twee liedskrywers en twee uiteenlopende lewens saam op die verhoog sit? 

Tweespoor is `n musiekproduksie wat geskryf en vervaardig is deur Richard van der Westhuizen en Steffie le Roux.  Hierdie produksie beloof om jou op `n reis te neem wat jou siel en hart en vergenoegdheid sal bied. 

Steffie som dit as volg op: “Ons trap spore, ons los spore, ons is op ʼn spoor of ons is sommer net spoorloos.”

Deur hul musiek en stories neem hulle jou op `n reis van emosies en herinneringe.  Hulle sing vir jou musiek wat geskryf is deur Richard en Steffie en saam met `n begaafde orkes kry hierdie musiek werklik lewe.

As jy `n Richard van der Westhuizen aanhanger is, kan jy uitsien na liedjies soos: Tussen Treine, Voshaarnooi en Genadewater.

Steffie le Roux komplementeer hierdie stel liedere met musiek van haar eie.  Sy sing vir liedjies wat sy self geskryf het en verras ook met `n herinterpretasie van bestaande musiek.  Dit sluit in: Tweemantent, Laataandliedjie, Ons Twee en Kruispad.

Andrew Roos, Mariëtte Galjaard en Izelle Classen begelei die sangers op die verhoog en lewendige musiek het lanklaas so goed geklink.

Indien jy beplan om inniBos by te woon, kan jy verseker kaartjies koop na hierdie vertoning

Volg die kunstenaars op sosialemedia:

Steffie le Roux: Facebook
Richard van der Westhuizen: Facebook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui