fbpx
Fliek oor ballet-legende, Rudolf Nureyev, dié naweek in Suid-Afrikaanse teaters!

Fliek oor ballet-legende, Rudolf Nureyev, dié naweek in Suid-Afrikaanse teaters!

THE WHITE CROW is die storie van ’n unieke kunstenaar se avontuur om die balletwêreld vir altyd te verander. Dit neem die kyker op reis deur sy armsalige kinderdae in die Russiese stad, Oefa, sy studentejare in Leningrad en sy epiese kennismaking met die Westerse kultuur in Parys, in die vroeë 1960’s. 

Dié indrukwekkende, danasbelaaide biografie fokus op Rudolf Nureyev se kinderdae, opleiding en lewensveranderende besoek aan Parys. Dit word versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en sal by plaaslike bioskope begin draai op 14 Junie 2019.

Die rolprent is gebaseer op Julie Kavanagh se biografie oor dié Russiese balletdanser en die draaiboekverwerking is gedoen deur David Hare. Fiennes het, nadat hy twintig jaar gelede Nureyev: The Life gelees het, reeds versot geraak op hierdie verhaal. 

Nureyev, wat bekend was vir sy sensuele danstalent, het die spanning van die Koue Oorlog aangeblaas deur van die eerste supersterre te word om weg te breek van die Sowjet-Unie in 1961. In THE WHITE CROW,vertel regisseur, Ralph Fiennes, dié balletlegende se verhaal. 

“Dit is so dramaties en spreek baie temas en aspekte aan. Dit het ’n interpersoonlike dinamika, ’n kans vir Nureyev om homself te laat geld en die meedoënloosheid wat daarmee gepaard gaan. Dit is ook binne die konteks van die ideologie van die verdeling tussen die Ooste en Weste tydens ’n spanningsvolle tydperk van die Koue Oorlog”, sê Fiennes.

“Dit was sy karakter en eiewil wat hom laat besef het wie hy is, wat my regtig aangegryp het,” voeg Fiennes by. “Ons wou ’n fliek maak oor iemand wat uniek en onkonvensioneel was.”

THE WHITE CROW is Fiennes se derde rolprent as regisseur en volg in die voetspore van Coriolanus en The Invisible Woman. As regisseur gee hy dieselfde aandag aan detail en karakterskepping as wat hy as akteur doen. Omdat hy daarna strewe om sy werk so outentiek as moontlik te laat lyk, het hy Russiese dansers en akteurs gebruik en hulle toegelaat om in hulle eie taal met mekaar te praat op skerm.

Nureyev word briljant vertolk deur Oleg Ivenko, ’n solo-danser by die Jalil Tatar-balletteater, wat net genoeg jeugdige energie en talent in die rol plaas.  Regdeur die fliek word balletstukke foutloos opgevoer en is dit verteenwoordigend van die sukses wat hy bereik deur die verlede agter te laat vir ’n nuwe toekoms. Ivenko is ’n gesoute danser en die ondersteunende rolle, sluit die regte balletster en akteur, Sergei Polunin, in.

Fiennes speel self in die fliek as een van die mees onderskatte karakters (wat hy heeltemal in Russies vertol) – Alexander Pushkin, die beroemde dansmeester wat iets in Nureyev se passie raaksien. Pushkin se vrou, Xenia (Chulpan Khamatova), stel ook baie belang in Nureyev en nooi hom na haar woonstel waar sy hom verlei.

In die fliek, reis die balletster na Parys saam met die Kirov-balletgeselskap. Daar raak hy bevriend met die Franse danser, Pierre Lacotte (Raphaël Personnaz), en die glanspersoonlikheid, Clara Saint (Adèle Exarchopoulos) – wat treur oor die dood van geliefde, wat ook die seun is van die Franse Minister van Kultuur, André Malraux.

Lys van teaters:

Ster-Kinekor:

Johannesburg:
Bedford Square
Cedar Square
Rosebank Nouveau

Wes-Kaap:
Blue Route
Tygervallei

KZN:
Gateway



Pretoria:
Brooklyn Nouveau

Nu-Metro:

Johannesburg:
Hyde Park

es-Kaap:
V&A Waterfront

Onafhanklike teaters:

Wes-Kaap:
Labia Orange Str.

Johannesburg:
Movies@Monte

SOSIALEMEDIA

Vir meer inligting oor THE WHITE CROW, insluitend die amptelike lokprent, hou ons Facebook-blad dop of volg ons op Twitter by @NutsAboutMovies en gebruik die hutsmerk #TheWhiteCrow_SA om oor die fliek te gesels.

INTERNASIONALE SKAKEL

Facebook

PUBLISITEIT EN BEMARKING

Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: [email protected]
www.starburstmusic.co.za

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui