fbpx
Piet Botha – die ‘generaal’ van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Piet Botha – die ‘generaal’ van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Piet Botha
(18 Julie 1955 – 2 Junie 2019)
Foto: Facebook

‘n Mens se lewe is soveel meer as die geboorte dag en sterwensdag. Hier is ‘n kort opsomming wat die strepie van Piet Botha se lewe opgemaak het.

Meeste van ons het al gehoor van Piet Botha en Rock fans en Oppikoppie aanhangers het hom goed geken. Maar wie was die geheimsinnig “generaal” agter die hoed?

Piet Botha was beter bekend as “The Hammer” van die Suid-Afrikaanse Rock groep, Jack Hammer. Die groep bestaan reeds sedert 1984 het regdeur al die jare getrou gebly aan Rock and Roll en hul tydlose klanke.

Botha was die enigste lid wat konstant deel gevorm het van die groep regoor 3 dekades terwyl ander groepslede gekom en gegaan het.  Jack Hammer se fokus was altyd op genot van die musiek en was geken daarvoor dat hulle nie geswik het onder die druk van kommersiële musiek of laat voorskryf het deur die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie.

Piet Botha en die verskeie groepe waaraan hy behoort het, was grootendeels onafhanklik wat in 1996 vir die eerste keer musiek onder ‘n platemaatskappy vrygestel het. Hy word selfs beskryf as “fiercely independant” op sommige plekke wat getuig daarvan dat daar ‘n toekoms is vir onafhanklike kunstenaars in Suid-Afrika.

Voor Jack Hammer, was Botha deel van verskeie Rock groepe soos Raven, Catherine Wheel en Wildebeest. Wildebeest het bekendheid verwerf as een van die eerste groepe wat Afrikaanse lirieke met Rock musiek geskep het.

Piet het op skool reeds begin musiek skryf en sy eerste optrede was in 1974 as deel van ‘n akoestiese duo. Hy was ook ‘n Solo kunstenaar wat regoor die land getoer het om sy talent te deel. Die bedrywige sanger was ook deel van “The Lyzyrd Kings” saam met Akkedis Band. Sy veelsydigheid en talent laat ‘n groot leemte in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

`n Huldeblyk aan Piet Botha is te sien op 14 Julie 2019 by die “Bands for Bricks” konsert.

‘n Paar interessante Piet Botha feite:

Behalwe vir sy sangtalente, was Botha verskeie musiekinstrumente magtig o.a. akoestise kitaar, baskitaar, klawerbord en mondfluitjie.

Hy het sy verjaarsdag gedeel met oud president Nelson Mandela, 18 Junie.  

Piet Botha se pa was oud minister Pik Botha.

Tydens Piet se verblyf in Los Angeles in 1985 het hy opnames gemaak saam met Billy Bob Thornton, toe ‘n jong akteur, dromspeler en sanger.

Jack Hammer het die voorskou gedoen vir Deep Purple se “Masters of Rock” toer in 1995.

Botha het in 1991 vir ‘n jaar lank opgetree saam met die Silver Creek Mountain Band. Hy het klavier en akoestiese kitaar gespeel.

Die eerste Afrikaanse album deur Botha getiteld “Suitcase Vol Winter” was in 1997 opgeneem saam met lede van Jack Hammer groep.

In 2002 was Piet een van die eerste kunstenaaars wat opgeneem was in die SA Rock Hall of Fame.

In Mei 2006 het Botha die Suid Afrikaanse Musiektoekenning vir lewenslange bydrae ontvang om die eer te deel saam groot name soos Gé Korsten en Al Debbo.

Hy het ook ‘n Prestige-toekenning van die FAK ontvang vir sy bydrae tot Afrikaans.

Piet Botha se laaste toekenning in 2019 was die Ghoema vir #BesteRockAlbum

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui