fbpx
Sunel se vars klank is waarvoor ons al lank wag.

Sunel se vars klank is waarvoor ons al lank wag.

Vir Sunel was daar nie eers `n ander opsie as musiek nie.  Hierdie sanger/liedskrywer van Mosselbaai het nog altyd geweet dat musiek `n belangrike deel van haar bestaan uitmaak.

Sy het onlangs haar enkelsnit “Hart se wens” vrygestel. Die liedjie wat die storie vertel van `n hart wat vir die eerste keer gebreek word.

Sunel – Hart se wens

“Hart se wens” was reeds klaar opgeneem toe haar paaie kruis met die van Hugo Ludik en Vaughan Gardiner.  Saam het hulle verder aan die lied geskaaf om dit werklik tot sy volle reg te laat kom.

https://open.spotify.com/track/03SGYcZCbBWvLTeTSLWJYL?si=gfCb4edsSBCv__0aRCKDKQ

Vra jy haar oor haar gunsteling kunstenaars van oud, noem sy vinning dat Dean Martin, Frank Sinatra en Ella Fitzgerald op hierdie lys is.  “’Old school’ jazz en swing musiek lê my na aan die hart.”, verduidelik sy.

Haar musiek kan beskryf word as `n samesmelting tussen pop, jazz, rock, folk en klassiek.  Haar wye skryfstyl is wat haar aanklank by baie mense sal gee.

As jy iemand is wat graag luister na Halsey, Taylor Swift en One Republic sal jy verseker `n oor in haar rigting wil gooi.

Sunel is `n dame wat nie skroom om die uitdagings van elke dag aan te pak nie.  “Elke dag is anders, ek doen dit wat op die agenda is om te doen.”

Buiten die feit dat sy `n musikant is, het sy ook onlangs `n internasionaal ge-akkrediteerde grimeerkursus voltooi.  Was dit nie vir musiek nie, sien sy haarself in die besigheidswêreld – iets waarvoor sy `n groot liefde het.

Alhoewel sy tans net die klavier bespeel, hoop sy om eendag `n meester op die viool te wees.

Sonder om te veel te verklap noem sy dat sy tans besig is om te werk aan haar albumbekendstelling en `n paar ander opwindende projekte.  “Hou gerus my sosiale media dop!”, is al wat sy in hierdie stadium kan weggee.

As jy graag na haar musiek wil luister kan jy gerus `n draai maak by enige digitalestromingsdiens (iTunes, Apple Music, Amazong Music en Spotify).  Haar musiekvideo vir “Hart se wens” is ook op YouTube te siene.

Al wat ons kan sê is dat jy verseker hierdie dame moet dophou.  Haar vars klank is verseker iets wat ons lank voor wag.

Volg vir Sunel op sosialemedia:

Facebook, Twitter en Instagram

Besprekings:

Tel: 082 776 1858 (Sandra)
Epos: [email protected]

PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: [email protected]
Webblad: www.starburstmusic.co.za

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui