fbpx
Alles wat jy moet weet oor YouTube for Artists

Alles wat jy moet weet oor YouTube for Artists

In ‘n e-pos wat uitgestuur is op 3 April 2019 het Google bekendgemaak dat hul ‘n einde maak aan Google Play Artist Hub. Dit beteken dat jy nie meer jou profiel op Google Play music sal kan bestuur en verander nie.

Google maak egter die aanbeveling dat alle kunstenaars oorbeweeg na YouTube for Artists.

Met die bekendstelling van YouTube Music in Mei 2018 het Google begin om stadig maar seker afstand te doen van dié gewilde Google Play platform.

Nou het die tyd aangebreek dat Google die skuif begin maak.

Official Artist Channel

Google is nie baie duidelik oor die proses om ‘n “Official Artist Channel” (OAC) te bekom nie. Die proses werk egter soos volg:

Baie kunstenaars sou die afgelope tyd opgemerk het dat daar “Topic” kanale vir hulself ontstaan het op YouTube. Hierdie “Topic” kanale is deur Google gegenereer en vertoon alle musiek wat deur ‘n digitale verspreidingsplatform ingedien is. (TuneCore, Ditto, CDBaby, DistroKid ens).

Vir jou om in aanmerking te kom vir ‘n OAC, is dit nodig om ‘n e-pos te rig aan “[email protected]“.

Die volgende inligting moet aan hulle gestuur word:

  1. Skakel na jou hoofkanaal.
  2. Skakel na jou “Topic” kanaal.
  3. Skakels na 3 amptelike musiekvideo’s
  4. Kunstenaar se naam
  5. Kunstenaar se platemaatskappy (onafhanklik is ook goed)
  6. ‘n Skakel na ‘n “Art Track” op YouTube. (Voorbeeld)

Wees geduldig – YouTube het baie kanale om deur te werk. Jy behoort binne ‘n paar dae ‘n e-pos terug te ontvang met inligting oor die uitkoms van jou aansoek.

Wat verander vir jou?

‘n Eerste voordeel is dat jou kanaal nou ‘n musieknootmerker bykry wat sal aandui dat jou kanaal wel ‘n OAC is. Dit sal aanhangers help om die outentiekheid van jou kanaal te bepaal.

Coldplay se kanaal as OAC

Die kanaal sal ook ‘n nuwe uitleg bied wat jou musiekvideo’s beter beklemtoon.

Verder verkry jy toegang tot “Press Kit for Artists” wat jou in staat stel om:

  • Jou profielfoto vir YouTube Music te verander
  • ‘n Fotogalery te bestuur
  • Jou biografie op te dateer
  • Jou kaartjieverkope te kan monitor

YouTube Analytics for Artists word ook by jou kanaal gevoeg wat jou toegang sal gee tot ‘n oorsig oor jou totale prestasie van al jou kanale.

Lees ook meer oor:

Press Kit for Artists
YouTube Music Charts
YouTube Music

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui