fbpx
Anaïs se nuwe lied ROOIBAARD

Anaïs se nuwe lied ROOIBAARD

Anaïs Rooibaard Omslag

Na ‘n lang gewag het Anaïs pas haar nuutste enkelsnit ROOIBAARD vrygestel.

ROOIBAARD is ‘n polsende pop-ballade, met lirieke wat in jou kop vassteek en jou gaan uitnooi om saam te sing.

ROOIBAARD is ‘n liriekgedrewe ballade waarby baie luisteaars sal aanklank vind en ons glo dat daar nog baie sulke tipe popballades uit Anaïs se pen sal verskyn.

Na ‘n lang gewag het die sangeres, TV-aanbieder, vervaardiger en regisseur Anaïs pas haar nuutste enkelsnit vrygestel en ROOIBAARD gaan beslis nie haar aanhangers teleurstel nie.  Dit is ‘n goedvoel-liefdesliedjie wat die ideale romantiese luistergenot vir dié somer is.

Anaïs is wel onder Suid-Afrikaners van alle rasse bekend vir haar Be your dream met Anaïs en Be your dream inspired-programme wat onder meer op Via en TBN Africa uitgesaai word, maar sy is ook al lankal die liefling van die verhoog, van Afrikaanse luisteraars wat van ligte popmusiek en -ballades hou. Sy is ook die mooi blondekop wat die treffer Liefde is blind op ‘n duetalbum saam met Gerhard Steyn opgeneem het.

Na twee solo-albums het Anaïs ook bewys dat sy vir niemand in die musiekbedryf hoef terug te staan nie en dat sy met haar eie kenmerkende stem en styl, diep hartspore in die musiekbedryf getrap het.

ROOIBAARD is ‘n polsende pop-ballade, met lirieke wat in jou kop vassteek en jou gaan uitnooi om saam te sing, is ‘n intieme liefdesterugblik op die oomblikke wat Anaïs en haar man, Maurice Lois, die afgelope dekade gedeel het.  Dit handel oor die gevoel wat jy kry wanneer jy daardie iemand gevind het wat jou gelukkig, veilig en warm laat voel – daardie herinneringe, terugflits onthou-oomblikke.

In daardie opsig is ROOIBAARD ‘n liefdesbrief. “Ek het die liedjie in die vorm van ‘n brief verlede jaar, op ons tweede huweliksherdenking, vir my man geskryf,” vertel Anaïs. “Daarna het die melodie sommer vanself gekom.” Dié liedjie is ‘n viering van die liefde en ook ‘n verhouding. En natuurlik het die hoofkarakter in die liedjie ook ‘n rooi baard wat “soms warm-krapperig teen haar wang skuur.”

Die bekendstelling van dié liedjie het ook saamgeval met die nuus dat Anaïs en Maurice hulle eersteling verwag. Dit was dus in vele opsigte ‘n goeie grendeljaar vir dié sangeres.

Anaïs, wie se stem vergelyk kan word met ‘n ligte seebries, slaag daarin om die intieme liedjie nie stroperig te laat klink nie, maar soos goue heuning wat warm om die hart vou.

ROOIBAARD is ‘n liriekgedrewe ballade waarby baie luisteaars sal aanklank vind en ons glo dat daar nog baie sulke tipe popballades uit Anaïs se pen sal verskyn.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram, Twitter