fbpx
Jan Rhaap en Le-Lue verras met ADRENALIEN

Jan Rhaap en Le-Lue verras met ADRENALIEN

Jan Rhaap ft. Le-Lue ADRENALIEN

Jan Rhaap en die geliefde Le-Lue van Bok Radio / TV, verras met die vrystelling van die allermooiste liefdes-duet, ADRENALIEN.

Dit is Jan se eerste duet saam met ‘n vroulike kunstenaar en hy sê hy het dadelik aan Le-Lue gedink vir hierdie besonderse liedjie.

Jan deel dat dit werklik baie lekker was om saam met haar aan die duet te werk en alhoewel hulle 800km van mekaar af woon

Voordat ons die jaar groet gaan Jan Rhaap, oftewel Werner Burger, en die geliefde Le-Lue van Bok Radio / TV, seker maak dat hulle almal verras met die vrystelling van die allermooiste liefdes-duet, ADRENALIEN.  Die liedjie is geskryf deur Juan Boucher en Jan Rhaap en dit is ‘n liefdesliedjie vir daardie spesiale persoon in jou lewe vir wie jy enige iets sal doen.

Daardie persoon is soos ADRENALIEN in jou are en sonder hom of haar voel dit of jy nie kan asemhaal nie.  Ek het baie aan my vrou en seuntjie gedink toe ek die lirieke geskryf het en soms wens ek dat ek die wêreld kan sien deur my seuntjie se oë”, sê Jan Rhaap.

Oor ADRENALIEN sê Le-Lue:  “Dit is daardie opwindende gevoel wat jy in jou maag kry voor iets groots met jou gaan gebeur.  Jou mond raak droog, jou bene wil nie stilstaan nie en jy sien kans vir die wêreld.  Dit gee jou die moed om belangrike besluite te neem en dit deur te voer.  ADRENALIEN is die hupstoot”.

Dit is Jan se eerste duet saam met ‘n vroulike kunstenaar en hy sê hy het dadelik aan Le-Lue gedink vir hierdie besonderse liedjie.  “Ek dink ons stemme werk baie mooi saam en sy is baie gemaklik met die lae registers waarin ek sing, maar kan ook maklik by die hoër note uitkom.  Ek het ‘n paar maande terug ‘n kans gevat en gevra of sy sal belangstel en sy het gelukkig dadelik ingestem”, vertel Jan ingenome verder.

Jan deel dat dit werklik baie lekker was om saam met haar aan die duet te werk en alhoewel hulle 800km van mekaar af woon, dit net ongelooflik is hoe tegnologie dit moontlik gemaak het om nogsteeds hierdie duet saam te doen.  Jan woon in die Noordkaap net buite Niekerkshoop; ‘n klein dorpie tussen Griekwastad en Prieska en Le-Lue in die Wes-Kaap. “Ons is albei baie opgewonde oor die liedjie”, sê Jan.

Le-Lue sê dit was vir haar ‘n groot voorreg om deur Jan Rhaap genader te word vir hierdie duet.  “Alhoewel ek die afgelope 9 jaar ‘n radio omroeper is, is sang en die vermaaklikheidsbedryf diep in my hart.  Dit was ongelooflik om weer in die studio te wees en my passie uit te leef.  ADRENALIEN gaan baie mense se hartsnare roer te danke aan Jan Rhaap se fantastiese manier van skryf en met woorde toor”.

ADRENALIEN is opgeneem by Coolerbox Studios en vervaardiger deur Tertius Human.  Le-Lue se stem is opgeneem in die Kaap by Loki Rothman en die liedjie sal ook op Jan se vierde ateljee-album beskikbaar wees wat op 19 Februarie 2021 vrygestel sal word.

Ek gaan definitief die publiek verras met hierdie liedjie.  Dis iets heeltemal vars en aangesien dit ‘n liefdesliedjie is, sal basies enigeiemand met die liedjie kan vereenselwig.  Liefde is oral om ons en deel van ons daaglikse lewe”, sluit hy af.

Laai ADRENALIEN hier af: https://music.apple.com/za/album/adrenalien-feat-le-lue/1540786068?i=1540786069

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook, Instagram, Twitter