fbpx
Gerduan Kemp bring musiekvideo vir SESDE SINTUIG.

Gerduan Kemp bring musiekvideo vir SESDE SINTUIG.

Gerduan Kemp Sesde Sintuig

Gerduan Kemp is terug met die musiekvideo van sy treffer SESDE SINTUIG.

SESDE SINTUIG wys aan die publiek en luisteraars presies wat hulle van die volgende hoofstuk van sy loopbaan kan verwag

SESDE SINTUIG vertel hoe liefde jou soms van die werklikheid kan laat vergeet.

Skaars ’n maand nadat sy nuwe enkelsnit, SESDE SINTUIG, musiekliefhebbers kom beïndruk het en op die trefferparades van radiostasies landswyd pryk, is Gerduan Kemp van Bloemfontein terug in die kollig met die vrystelling van dié liedjie se hoendervleismooi musiekvideo wat die krag van ware liefde uitbeeld.

Volgens die kunstenaar, met sy kenmerkende diep stem, is die musiekvideo ’n tentoonstelling van hoe liefde ’n mens altyd uit ’n donker plek in jou lewe kan red en alles ten goede kan verander.

“Met hierdie video beeld ek die verskil uit wat liefde in ’n mens se lewe kan maak. Ons gebruik die kontras tussen die donker ondergrondse parkeerarea en die kleurvolle natuur om aan hierdie konsep lewe te gee,” verduidelik hy.

“’n Mens vind dit soms moeilik om van die verlede te vergeet, maar ons wys hier dat dit gedoen kan word met ’n bietjie oortuiging deur die regte persoon. Hierdie storielyn word vertel deur ’n danser – Celia Beyleveldt – wat die heeltyd rondom my beweeg, maar ek is glad nie bewus van haar nie. Elke keer wat sy aan my vat, is ek op ’n ander plek.” 

Die video is vervaardig deur Christian Wolf van BrickWolf Creatives en is verfilm in Atterbury Value Mart se ondergrondse parkeerarea en in ’n groot veld met ’n aangrensende woud in Irene. Dit sluit perfek aan by die oorspronklike tema van die liedjie wat deur Johan Oberholzer geskryf is.

SESDE SINTUIG vertel hoe liefde jou soms van die werklikheid kan laat vergeet. Liefde het ook die krag om ’n mens te laat vergeet van die hartseer in die verlede. In die liedjie verwys dit na hoe jou sesde sintuig (liefde) eintlik al is wat jy nodig het,” verduidelik die sanger, oor dié treffer wat reeds op verskeie groot radiostasies regoor die land gehoor kan word.

“Liefde is iets wat elke persoon iewers in hulle lewe ervaar en hierdie liedjie beskryf daardie gevoel van liefde wat ons soms sukkel om in woorde te sitDaar is soveel liedjies daar buite wat handel oor die liefde, maar ek dink dat mense juis van hierdie een gaan hou omdat dit ’n nuwe invalshoek gebruik om liefde, en die gevoel daarvan, te beskryf.”

SESDE SINTUIG wys aan die publiek en luisteraars presies wat hulle van die volgende hoofstuk van sy loopbaan kan verwag.  Gerduan het reeds die kuns vervolmaak om met musiekharte te praat en daar is beslis ’n baie belowende toekoms vir hom in die plaaslike musiekbedryf.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook, Instagram, YouTube

LEES MEER

Gerduan Kemp sê die liefde is jou SESDE SINTUIG

Gerduan Kemp stel DAGBREEKDROME akoestiese vry

Vergewe my as ek – Gerduan Kemp se debuut enkelsnit vandag vrygestel.

Gerduan Kemp se debuut enkelsnit is binnekort hier!