fbpx
Gesogte Beiteltjies word weer vanjaar toegeken

Gesogte Beiteltjies word weer vanjaar toegeken

Die gesogte Beiteltjies word weer vanjaar toegeken.

Die gesogte Ordes van die Beiteltjie van die Afrikaanse Woordkunsakademie word vanjaar weer toegeken vir volgehoue geesdrif, betrokkenheid, deelname en eiesoortige sigbare resultate met verskeie aspekte van die Afrikaanse woordkuns in gemeenskapsverband.

Die toekennings, sal op Maandag, 30 November 2020, om 19:00, virtueel tydens ‘n beeldstroom op Facebook en YouTube toegeken word. 

Nie minder as 30 toonaangewend woordkunskeppers- en fasiliteerders het sedert 2015 Ordes van die Beiteljie vanaf die Afrikaanse Woordkunsakademie, wat deur die Cordis Trust bedryf word, ontvang.  

Onder hulle is bekendes soos Marie Bredenkamp, Kobus Burger, Clinton du Plessis, Lisa Hanggli, Jopie Koen, Myra Lochner, Danie Marais, Mathys Roets, Lieze Stassen, Lizanne Barnard en Petro Hansen. 

Dr. Fanie Marais, Uitvoerende Trustee van die Cordis Trust, het gesê dit was inspirerend om te sien hoe Afrikaanse woordkuns gedy, selfs te midde van die beperkinge met die Covid-pandemie. “Met dié toekennings wil ons skryf-, dig-, drama- en liriekekuns aanmoedig met die klem op die ontginning van nuwe geleenthede. Ons wil belangstellendes uitnooi om in te skakel op ons beeldstroom op Maandag, 30 November 2020, op Facebook en op YouTube, en om saam met ons die inspirende werk van die ontvangers te vier.”  

Skakel gerus in op 30 November om 19h00:

Cordis Trust se Facebookbladwww.facebook.com/cordistrust 

YouTube-kanaal:  https://www.youtube.com/channel/UC97YQxQyGJkbusl17MrwAxw

Besoek ook Cordis Trusts se webwerf vir meer inligtingwww.cordistrust.co.za.

SOSIALE MEDIA SKAKELS

Facebook, Twitter, Instagram, YouTube, SoundCloud

Webbladwww.petronelbaard.com

LEES MEER:

Cordis Trust, Petronel Baard bied gratis aanlyn vertoning

Petronel Baard bied gratis aanlyn-vertoning.

Petronel Baard vier 21 jaar in die musiekbedryf!

Gavin Jay ft. Petronel Baard – Seek the Light!

Petronel Baard stel nuwe musiekvideo bekend

Petronel Baard se Heelal hou net aan met draai …

Petronel Baard vier die lewe!