Gavin Jay ft. Petronel Baard – Seek the Light!

Gavin Jay ft. Petronel Baard – Seek the Light!

Die veelsydige Petronel Baard wat op Villiersdorp grootgeword het, was van kleins af versot op musiek. Haar ma en oom (destyds die hoof en dirigent by die Drakensberg Seunskoor), het haar lief gemaak vir koormusiek. Haar uitsonderlike solostem is op die ouderdom van twaalf ontdek.

Sy eksperimenteer gereeld met verskeie genres, maar sedert haar dae as ’n jong sangeres in Johannesburg was daar nog altyd ’n hunkering in haar om met diep huis-/transmusiek te werk. Min het sy geweet dat daar wel iewers op haar pad so ’n geleentheid op haar wag …

Gedurende Augustus 2019 het Petronel by Gavin Jay en DJ Keyz in KwaNonqaba, Mosselbaai gaan inloer. Daar is SEEK THE LIGHT gebore. Die lied is op Werkersdag, 1 Mei 2020 vrygestel. “Die liedjie gaan oor armoede en klasseverdeling. Dit spog met ’n huis-/ transmusiekstyl wat iets heeltemal anders is as waaraan ek gewoond is. Gavin Jay is egter ’n uitstekende kletsrymer en die manier waarop ons stemme mekaar aanvul, maak die eindresultaat baie interessant,” vertel Petronel.

Oor die opname van SEEK THE LIGHT self vertel Petronel: “Ek was weggeblaas op daardie sonnige middag in ’n nederige klein huisie, net soos my eie, toe die vervaardiger, DJ Keyz vir my speel wat hy met Gavin Jay se musiek gedoen het en ek vyf of ses lae van my eie klassieke musiekstyl kon improviseer bo-oor dié baie moderne musiek. Ons het sommer net rondgespeel, maar van diep uit my klassieke opleiding het die woorde net na my toe gekom … SEEK THE LIGHT

In daardie oomblik het my lirieke verwys na die armoede wat ek rondom my kon sien, maar tog so sterk en trots. Ek het net geweet ons moet die lig soek deur mekaar se realiteit te verstaan. Iets wat regtig duidelik geword het nou, gedurende COVID-19. Toe het Gavin sy storie met kletsrym bygevoeg en ’n genre van diep huis-/transmusiek met ’n mengsel van hip-hop is gebore. Die vyf of ses lae wat ek bo-oor opgeneem het, het toe die lied geword.” 

Petronel en Gavin het die lied geskryf en DJ Keyz het dit opgeneem, vervaardig en gemeng. 

Al gaan ons nou deur moeilike tye, was ons almal al voorheen ook deur baie moeilike tye. Ons is almal dieselfde in daardie geval. Of dit nou omstandighede in ons kop of in ons wêreld is – ons moet die lig soek. Die musiekvideo is saamgestel uit tuisvideos en deur Rapid Digital SA saamgestel is.

Every day you live and die … every day you try and try … every day you die and try and die … seek the light”. 

Kyk die musiekvideo hier:

In 2018 het Petronel se paaie met dié van Gavin Jay en DJ Keyz gekruis deur ’n gemeenskaplike vriend, Walter Blaq van Crystal Blaq Entertainment. Hy is ook die stigterslid van die kultuurforum MOCCA (Mossel bay Creative Cultures Association) waarby Petronel baie nou betrokke is. 

Hy en die groep was deel van die massiewe musikale beweging, Soul Festival of Mossel Bay wat deur ’n reeks van Open Mics oor ’n tydperk van ses maande kunstenaars opgelei het om ’n multikulturele verhoog te deel met Riku Lätti en Vriende op Die Wasgoedlyn.

Die inisiatief het groot waarde tot die professionele groei van kunstenaars toegevoeg, en die Mosselbaai Munisipaliteit het groot lof ontvang vir hulle ondersteuning hierin.

Sedert daardie fees het die begeerte in Petronel se hart, om nóg nouer saam met hierdie kunstenaars te werk, dieper gebrand omdat dit ook deel van haar teaterontwikkeling was waarvoor sy ’n diep passie het.

Hulle werk ook tans aan weeklikse vertonings via sosialemedia op hulle Mokka/Mocca Facebook blad.

Aanhangers kan saam met Petronel op Facebook kuier om meer uit te vind waarmee sy besig is en vir inligting oor konserte en besprekings.

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook, Twitter, Instagram, YouTube, SoundCloud

Webblad: www.petronelbaard.com