fbpx
DIE HAPPY SONG – Kontras is terug met ’n hartroerende nuwe enkelsnit

DIE HAPPY SONG – Kontras is terug met ’n hartroerende nuwe enkelsnit

Suid-Afrika se nuutste sensasie, ​Kontras​, is terug met ’n splinternuwe enkelsnit, ​DIE HAPPY SONG. Dit is die tweede vrystelling van hul debuutalbum, ​Ruimtevaarder​, wat vroeg in September vrygestel gaan word.

DIE HAPPY SONG volg na die suksesvolle vrystelling van ​VELDE, wat uitgereik is met ’n musiekvideo. Die sukses van VELDE wys dat Kontras meer as net nog ’n rockgroep is wat beslis nie geïgnoreer kan word nie. Indien jy ’n aanhanger is van ​Spoegwolf​, ​Karen Zoid ​of ​Francois van Coke​, is DIE ​HAPPY SONG ​perfek vir jou.    

Kontras ​se mees sensitiewe stuk tot op hede, DIE ​HAPPY SONG, is ’n huldeblyk aan moeders, vrouens en enigiemand wat deur ’n moeilike tyd gaan. Dit begin met net ’n akoestiese kitaar teen ’n stadige tempo, maar word ryker in tekstuur soos meer stemme, kitare en dromme bygevoeg word.

Dit is ’n hartroerende treffer wat ’n traan in elkeen se oog sal laat opspring. DIE ​HAPPY SONG is die perfekte Kontras​-song om jou deur die winter te dra en is beskikbaar alle digitale platforms: Klik hier.

Kontras – Die Happy Song: 
Hier’s hy nou, terug en tuis 
Kom van ’n ander vrou se huis 
En ek wonder hoe moet dit vir haar voel    

Sy wonder seker wat sy gedoen  
En hoe hy voel as hy haar soen 
En dink hoe sy beter vir hom kon wees    

En as ek jou pyn kon dra 
Soos Simon op pad na Golgota 
Weet net ek sal al my bloed vir jou bloei 

En as jy roep is ek altyd daar 
Ek’t stompe liefde vir jou opgegaar 
Vir ’n vuur om jou warm te kan hou 
As die kaaltrekwinter kom    

As hy kom, as hy kom 
As die kaaltrekwinter weer kom 
Sal ek vir jou ’n vuur kan bou 
Om die donker    

Uit te hou, uit te hou 
Jy moet uit kan hou, uit kan hou    

Uit te hou, uit te hou 
Jy moet uit kan hou, nog vir ’n rukkie 
Want as die son weer uitkom 
Onthou jy, jy’s ’n sonneblom    

Want as die son weer uitkom 
Onthou jy, jy’s ’n sonneblom    

Jy verdien ’n happy song, maak dié ’n happy song 
Jy verdien ’n happy song, maak dié and ’n happy song 
Jy verdien ’n happy song, ons maak dié ’n happy song 
Jy verdien ’n happy song 
Ons maak dié ’n happy, ons maak dié ’n happy song    

Ons maak dié ’n happy 
Ons maak dié ’n happy song 

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook, Instagram, Spotify, Apple Music

Lees meer oor Kontras: https://www.plectrummusiek.co.za/kontras-se-verras-met-nuwe-enkelsnit-en-video-velde/

Fotokrediet: Paige Fiddes