fbpx
Petronel Baard bied gratis aanlyn-vertoning.

Petronel Baard bied gratis aanlyn-vertoning.

Die talentvolle Petronel Baard, gaan op 2 Augustus 2020 om 19h00, ‘n gratis aanlyn-vertoning, Sonstorie, vanaf haar Facebookblad aanbied. Sonstorie volg na die suksesvolle aanlyn-vertoning, Liedjies van die See, wat vroeër in Julie plaasgevind het. Hierdie gratis aanlyn-vertonings is ter viering van haar 21 jaar in die musiekbedryf.

Sonstorie is die verhaal van ‘n vader en ‘n dogter, beide ongelooflike woordkunstenaars en skeppers wat ten spyte van die vingers van die dood mekaar eggo. ‘n Ode aan die lewe, omgee mense, Afrikaans en woorde.

Fanie Marais het sy hoogs begaafde dogter op ‘n jong ouderdom verloor, haar nalatenskap – ‘n skatkis vol Afrikaanse literatuur wat steeds inspireer. Dit is ook die kern van Cordis Trust, wat oor die jare ‘n heenkome vir so baie kreatiewe kunstenaars bied – Cordis Trust is ook die borg van Petronel se aanlyn-vertoning.

Hierdie Afrikaanse hartsverhaal word voorgedra deur Ilse Oppelt en besing deur Petronel Baard met toonsettings en oorspronklike musiek uit haar pen. Sonstorie kruip nie weg vir die lewe se realitete nie, maar maak dit wel ‘n kuns. Digkuns. Sang. Harstsake.

“Dit is ‘n kombinasie van woordkuns en musiek wat met gedigte uit beide Fanie en Mardene se pen soos ‘n eggo en gesprek tussen hulle saamgestel word. Ilse doen vertellings wat deur my ge-eggo word met toonsettings, asook oorspronklike musiek uit my pen met universele temas soos empatie en liefde, wat in die huidige dae baie nodiger as ooit is,” verklap Petronel.

Beide kunstenaars is gesout in wat hul doen en jare lank al vriende. Fanie en Marden se storie is die storie van so baie ouers en families en met sy groot hart het hy al baie woordkunstenaars op hul kreatiewe pad ondersteun. Sy verlies het hy omskep om ander se drome waar te help maak en dit is tyd dat sy storie, wat inspireer, vertel word. Omdat die twee kunstenaars ook ‘n baie jare al ‘n pad stap, het hulle die regte sinergie tussen hulle om hierdie besonderse denke kreatief en met groot deernis te deel.

Petronel en Cordis Trust gaan verskeie virtuele aanbiedinge aanbied en hierdie is die eerste een saam die aktrise en haar vriendin, Ilse Oppelt.

Die gratis woord en musiek aanbieding word vanaf haar Facebookblad gebeeldsend, Sonstorie met Cordis Trust,  op 2 Augustus 2020 om 19h00. Besoek www.petronelbaard.com vir meer inligting.

SOSIALE MEDIA SKAKELS

Facebook,Twitter, Instagram, YouTube, SoundCloud

Webblad: www.petronelbaard.com

Lees meer

Petronel Baard vier 21 jaar in die musiekbedryf.

Petronel Baard stel nuwe musiekvideo bekend.

Petronel Baard vier die lewe.