fbpx
Joshua na die Reën reik nuwe enkelsnit uit!

Joshua na die Reën reik nuwe enkelsnit uit!

Joshua na die Reën het pas die vierde enkelsnit, SOMERAARDE, vanaf sy album met die gelyknamige titel uitgereik.  “Soos in Nou”, “Sterrenet” en “Soos die wind” is die drie die vorige enkelsnitte wat vanaf hierdie prag-album vrygestel is. Elkeen het vir lang periodes bo-aan die trefferparades van radiostasies landswyd gepryk.

Oor SOMERAARDE sê hy: “My lewe sou baie armer gewees het sonder die invloed wat my ouer broer, Pierre de Villiers op my denke gehad het oor God en oor die lewe.  Van kleins af onthou ek hom as iemand wat die wêreld om hom sou bly uitdaag om die patrone waarin die samelewing ‘n mens forseer om te dink, te verander. 

Dit is ‘n mooi eienskap in die lewe om te hoop dat daar altyd genoeg sal wees vir almal, genoeg liefde, genoeg kos, genoeg blyplek, genoeg hoop.  Ten spyte van hierdie wete in jouself, sal daar soms tye wees wat die ou denkpatroon in jouself en in ander om jou, jou in die steek sal laat en hulle die rug op jou draai. 

Selfs in hierdie tyd ken ek my broer as iemand wat dan in die een hand die seer daarvan sal hou, maar in die ander hand die verstaan dat almal op ‘n pad van ontdekking en groei is”.

“Ek het by hom geleer dat dit nie noodwendig ‘n plek is waarheen mens kan trek nie. Dit is eerder ‘n plek wat jy so deur die seisoene van die lewe in jouself ontdek wanneer jy met oop oë kyk na die pad vooruit.  Ek dink as hiérdie ‘plek’ waarheen ons almal hunker ‘n naam sou hê sou dit SOMERAARDE gewees het”.

Die album, SOMERAARDEsluit elf oorspronklike snitte in en neem jou op ‘n reis deur die verskillende emosies van menswees.  Dit hou jou aandag van begin tot einde gevange en praat direk met jou siel.

Kry die album nou hier:  www.jndr.co.za/itunes 

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook
Twitter
Instagram
Webblad: www.jndr.co.za

Lees meer:
JNDR bied Kaapse bekoring
Joshua na die Reën stel tweede enkelsnit vanaf Someraarde album bekend!
Joshua na die Reën reik na die sterre met nóg ’n treffer!