fbpx
Onthou JY IS LIG in donker tye sing Henri Alant

Onthou JY IS LIG in donker tye sing Henri Alant

JY IS LIG deur Henri Alant is pas vrygestel en jy wil die boodskap in die lied hoor. JY IS LIG deur Henri Alant gaan jou weer nuwe hoop gee en jou sin in jou bestaan weer opnuut bewerkstellig.

Henri Alant het reeds diep spore getrap in die Afrikaanse musiekbedryf. Na sy suksesvolle vrystelling saam met Jennifer Zamudio, DAAR’S `N REDE, is hy terug met ‘n boodskap van lig wat in ‘n donker tyd kom skyn.

Henri Alant Jy Is Lig

Die liedjie beloof, om veral in die onsekere tye waarin ons leef die mens te laat besef dat elke oggend ‘n nuwe dag aandui en dat daar wel lig aan die einde van die toneel is, “want jy is wel die lig.”

Met treffers soos CUPID, IN JOU DROME, DIS JOU SOEN en EEN SOMERSAAND wat op radiostasies se toptrefferparades geboer het, het Henri ‘n stewige ondersteuningsbasis opgebou. Sy nuutste enkelsnit gaan sy aanhangers weer opnuut laat luister na sy musiek.

“Hoe sal jy weet, as die lewe jou nog kanse sal gee, waar ‘n wil is, is ‘n weg, jy het jou toekoms so hou aan bou, hou aan met bou,” is ‘n vers wat by baie mense sal resoneer en hulle lank sal bybly”. Die kragtige sinkronisasie van liriek en melodie neem die luisteraar op ‘n ware lewensreis waar ‘n
magtige boodskap van hoop oorgedra word.

Wat dink ons?

3.5 out of 5 stars

JY IS LIG se tema word sterk gekomplimenteer deur die verwerking deur Byron Kuntz. Die emosie van die melodie skep daadwerklike kontras tussen lig en donker en ondersteun so die tema van die lied. Hierdie lied sal vir seker nuwe aanhangers inhark. Die ligte popliedjie se verwerking spog met kleurevolle klanke wat jou oor geïnteresseerd sal hou deur die loop van die lied.

JY IS LIG sal aanklank vir my ouer sowel as jonger gehore. Jy kan terugsit en hierdie lied geniet.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram, Twitter