fbpx
Held van Harte stel tweede liefdeslied vry

Held van Harte stel tweede liefdeslied vry

Held van Harte is twee doodgewone ouens wat weet ons elkeen is op soek na die held van ons eie hart. Twee gewone ouens met ’n buitengewone talent, wat saam ’n besondere kombinasie vorm. Die duo stel nou hul tweede enkelsnit bekend. LEGKAART kan kortliks opgesom word as ’n liefdeslied wat ons elkeen daaraan herinner dat daar altyd iemand is wat die mooi in ons raaksien.

LEGKAART se liriekvideo

LEGKAART is ’n liefdeslied wat sinoniem is met Held Van Harte se liedjies. Dit handel oor ’n meisie wat ’n moeilike lewe gehad het en nie haar eie waarde kan raaksien nie. Sy kan nie die voltooide legkaart van haar lewe sien soos wanneer iemand anders na haar kyk nie. Van buite sien mens hoe elke stukkie perfek inmekaarpas met al die rowwe kante en deurmekaar stukkies wat lyk of dit nie sin maak nie. “Dis ’n opbouende lied wat wil motiveer en liefde verklaar,” vertel André Hurter.

André is die instrumentasie- en produksieheld van die tweemanskap, en Shaun is die hartstogtelike hoofsanger. ’n Lewendige, akoestiese weegawe van LEGKAART is in Montana Studios opgeneem, saam met hul eerste enkelsnit, DIE LIG. “Dit was letterlik ons eerste lewendige optrede as Held Van Harte,” gesels Shaun.

LEGKAART kan reeds gehoor word op die klankgolwe van Bosveld Stereo, GrootFM, LekkerFM, Bok Radio, Hosa Radio en Radio Namakwaland en is aanlyn beskikbaar op alle digitale platforms: Klik hier

LEGKAART – Akoesties

DIE LIG, hul debuutenkelsnit, is vroeër vanjaar vrygestel. Hulle beplan om binnekort hul eerste musiekvideo op te neem. Volg Held van Harte op sosiale media om uit te vind wanneer dit uitkom. Wanneer dinge weer terugkeer na normaal, sien die manne uit daarna om te begin optree en hulle ballades met die land te deel.

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook
Instagram

Lees meer:
Held van Harte maak hul debuut!