fbpx
Joshua na die Reën stel tweede enkelsnit vanaf Someraarde album bekend!

Joshua na die Reën stel tweede enkelsnit vanaf Someraarde album bekend!

Die geliefde sanger en musikant, Joshua na die Reën het vroeg in 2019 die eerste enkelsnit vir sy album, SOMERAARDE, getiteld, SOOS IN NOU vrygestel en aanhangers en radiostasies kon nie genoeg kry nie. Dié liedjie het binne enkele weke die Nommer 1 posisie op trefferparades van radiostasies landswyd ingeneem. Kort daarna het hy die album vrygestel wat ook onmiddellik die Nommer 1 posisie op die SA iTunes Trefferparade vir verkope ingeneem het!

Nou, gedurende Julie 2019, stel hy sy tweede enkelsnit, SOOS DIE WIND aan radiostasies landswyd bekend.

Die musikant, wat bekend is vir sy rustige fluweelstem, het sy nuutste album self vervaardig. Hy het baie moeite gedoen om die mooiste melodieë en lirieke sonder enige haakplekke te verweef met ‘n interessante kombinasie tussen kontemporêre- en popklanke om ‘n treffende eindresultaat te verseker. 

“Ek het baie geleer tydens die opnameproses. Op hierdie reis het ek mense ontmoet wat soveel meer ingeploeg het as wat van hulle verwag is … Ewald Jansen van Rensburg het die vermenging van klank gedoen en dit was een van die samewerkings in my lewe wat werklik geen moeite was nie, want dis lekker as jy mense so kan vertrou. Andy Maritz het die dromvervaardiging gedoen en ek sê baie keer vir hom dat hy die album gered het,” sê hy.  

Elf oorspronklike snitte, een daarvan VLIEËRS, ‘n duet met die opkomende ster Liani Reynolds, neem aanhangers op ‘n reis deur die verskillende emosies van menswees en beloof om hulle aandag van die begin tot die einde gevange te hou en direk met die siel te praat. Die radioweergawe van die treffer SOOS IN NOU verskyn ook as bonussnit op die album.  

Hy bekoor luisteraars reeds sedert die vrystelling van sy debuutalbum, Joshua na die Reën, in 2014. Sedertdien het hy al verskeie musiektoekennings, waaronder verskeie Ghoema-musiektoekennings (Joshua na die Reën), ’n Huisgenoot Tempo-toekenning, ’n SAMA-toekenning (Die Wêreld Binne My) en ’n Woordfees-toekenning ingepalm en temaliedjies vir verskeie flieks – VIR ALTYD (vir die lokettreffer met dieselfde naam) en VOSHAARNOOI (vir die lokettreffer Ballade vir ’n Enkeling), televisieprogramme en –veldtogte geskep.

Buiten vir Huisgenoot Skouspel en Gospel is Groot, het dié veelsydige ster ook al die verhoog met gesoute kunstenaars soos Elvis Blue, Jak de Priester, Amanda Strydom, Laurika Rauch, Richard van der Westhuizen, Die Heuwels Fantasties gedeel.

Met SOMERAARDE se noukeurige samestelling en sielvolle inhoud voldoen hy nie net aan sy nuutste doelwit nie, maar verstewig hy ook sy plek as musikant in die bedryf. Sy nuutste vrystelling sal sommer blitsvinnig in luisteraars se harte te inkruip en is ‘n aanwins vir enige albumversameling.  

SNITTE OP DIE ALBUM

  • Soos in Nou
  • Sterrenet
  • Someraarde
  • Wandel
  • Vlieërs (duet met Liani Reynders)
  • Branders
  • Chamonix
  • Soos die Wind
  • Suiderkruis
  • Sweef
  • Onbekende Reis

Kry die album nou hier

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook, Twitter, Instagram

Webblad: www.jndr.co.za

PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: [email protected]
www.starburstmusic.co.za

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui