fbpx
Frikkie van Biljon stel eersdaags nuwe enkelsnit vry

Frikkie van Biljon stel eersdaags nuwe enkelsnit vry

Die nuwe vrystelling van die baie talentvolle kunstenaar, Frikkie van Biljon, leer ons hoe om die liefde met moed te betree. DALK NOOIT is ‘n ballade wat handel oor die liefde en sal elke luisteraar se hart aanraak. Die vrae wat ‘n mens vra en die verwyte wat ‘n mens binne jou dra – sal dit ooit gebeur of dalk nooit nie? 

Die lirieke, geskryf deur Jan Albert Short, beskryf die uitdagings van die liefde en teleurstellings wat daarmee gepaardgaan. Alhoewel die liefde universeel is, raak die betekenis daarvan soms weg in die vertaling van mens tot mens.

Foto: Francois Olivier

Die musiek is geskryf deur Frikkie wat ook op die klavier saamspeel in die lied. Saam met André Hurter het hulle ‘n verwerking opgedis wat ‘n vars, maar steeds bekende, klank na vore bring.

Frikkie van Biljon is ‘n naam wat deesdae behoorlik op almal se lippe is. 

Hy kom al ‘n lang pad na sy eerste optrede as ‘n vyfjarige. Liedere van hierdie kunstenaar het groot naam gemaak op verskeie radiostasies en sluit in: JOU WÊRELD , HOFNAR, ELKE STUKKIE KAAP en binnekort DALK NOOIT.

https://open.spotify.com/album/1pOOCZgosxy5AhO2i8JQLw?si=oF98RStITqyUjKQrzJBLdg

Frikkie het van vroeg in sy lewe die wêreld aan die brand gesing. Hy het verskeie sangkompetisies met lof gewen en konserte geopen vir groot name soos Jannie du Toit, Christa Steyn en Rina Hugo. Met sy eerste solovertoning verlede jaar November, “Dis wie ek is”, het hy groot opspraak gemaak in die musiekbedryf.

Buiten vir sy musiek is hy ‘n rekenaarprogrammeerder en pa van vier kinders. Hy bespeel ook verskeie musiekinstrumente, waarvan die klavier sy hoofinstrument is.

Hierdie talentvolle man is lief vir sy taal en vir musiek, en ons sien uit daarna om nog meer van so ‘n jong kunstenaar te hoor.   

Die enkelsnit word op 19 Julie 2019 op alle digitale platforms vrygestel. 

Die musiekvideo vir die lied sal ook daardie dag beskikbaar wees. Hou Plectrum Musiek dop vir meer inligting. Hier is ‘n lusmaker vir die musiekvideo.

Geplaas deur Frikkie van Biljon – Sanger op Dinsdag 09 Julie 2019

Volg Frikkie op sosiale media:

Facebook, Instagram, YouTube

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui